+12
Selfsorg in Vrystaat

Old Willow No.7 Houseboat Charters

50 gaste

1 slaapkamer

3 beddens

1 badkamer

  • Slaapplek vir 50 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Plot 7 Korhaan River Estate, Wonderfontein Road, Sasolburg, 1947, Vrystaat Sien kaart

Beskrywing

Old Willow No.7 Houseboat Charters gee gaste die kans om op 'n huisboot op die Vaalrivier te slaap. Old Willow No.7 Houseboat Charters is op die Korhaan River Estate in Sasolburg geleë en spog met die uitsig, klanke en opwinding van 'n selfsorg-riviervaart.

Verblyf word in 9 huisbote wat volgens die hoogste veiligheidstandaarde vervaardig is, gebied. Gaste hoef slegs hul klere, kos en handdoeke saam te bring. Elke huisboot bestaan uit 'n voorkajuit met 'n dubbelbed, 'n enkelslaapbank en stoorplek, 'n binne-eetarea wat in 'n dubbelbed omskep word, 'n goed toegeruste kombuis met 'n gasstoof, oond, yskassie en 'n wasbak, en 'n klein badkamer met 'n warmwaterstort, chemiese toilet en 'n wasbak. Buite is daar 'n sitarea onder 'n uittrek-afdak en houtskoolbraaigeriewe. Dekstoele word op die boonste dek voorsien.

Bestuur self die huisboot en navigeer die Vaalrivier-keerwal of vaar al langs Suid-Afrika se mees dinamiese binnelandse waterweg wat oor 55 km strek. Die eienaars is 24 uur per dag beskikbaar en sal gaste touwys maak, hulle help koers kry en hulle leer om die kaptein van hul eie rivieravontuur te wees.

Besoek die besienswaardighede op die oewer, insluitend restaurante, spa's en 'n casino-oord, geniet watersport, kyk huise op Millionaires' Bend, maak lyn nat, steek die braaivleisvuur aan, of ontspan in die tjoep wat agter die boot dryf.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 99 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Ryno O
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het vir 3 aande gebly en baie vis gevang. Dit was baie lekker en ons het dit baie geniet. Die staf was baie behulpsaam en vriendelik en alles mooi...
Sien meer
Des 2025
Robbie H
Gesin met klein kinders
5.0
Soos kamp in 'n karavaan, met visvang en braai op die water. Was heerlik gewees. Dit was 'n heerlike 3 dae. Die boot, alhoewel oud, was goed toegerus ...
Sien meer
Des 2025
Fidelia D
Saam met lewensmaat
5.0
Thank you. Friendly personnel welcoming us. What an adventure it was.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2025
Kobus K
Saam met lewensmaat
5.0
It was awesome. Stay was enjoyable, depending on your needs. Travelling and sleeping in your own boat, fishing and the scenery, as well...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Tanya B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik ontspan. Baie lekker ondervinding, sal dit vir enige iemand aanbeveel. Mense was baie vriendelik en behulpsaam.
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Philip Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 99

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Plot 7 Korhaan River Estate, Wonderfontein Road, Sasolburg, 1947, Vrystaat
  • Gaste dink Old Willow No.7 Houseboat Charters het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 099
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 099
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 099
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Plot 7 Korhaan River Estate, Wonderfontein Road, Sasolburg, 1947, Vrystaat

Sien kaart
  • Slaapplek vir 50 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA335d4f3e0083ea00f42278f77cb1f2bbf08a32e30f61800762aa2738c5d95f555696a6d6551d79161c243450c8883addd2d7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 099 per nag, vir 2 mense 99 5 1 5 Plot 7 Korhaan River Estate Wonderfontein Road 1947 Vrystaat 021 201 8901 12:00-17:00 10:00 -26.777752468504 27.769360542297
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang