On Deck
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Boven-straat 1, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Vanaf R3 150 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
On Deck is 'n pragtige seefront-vakansiehuis met 'n uitstekende see-uitsig in die kusdorpie Langebaan. Dié sonderlinge strandmeerdorpie is die ideale basis vanwaar gaste die Weskus kan verken en die tientalle besienswaardighede kan besoek.
Dié moderne en smaakvol versierde dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die grondverdieping het 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n kuierarea, en die boonste verdieping het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n leefarea, kombuis en 'n ruim balkon.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is nog 3 slaapkamers met dubbelbeddens en die vyfde slaapkamer het 4 enkelbeddens. Die ander 3 badkamers het elkeen 'n stort.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, koffiemasjien en 'n toonbank met stoele toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel, TV, kaggel en 'n etenstafel met sitplek vir 6, en die kuierarea het 'n pool-tafel en 'n sitarea.
Aktiwiteite en besienswaardighede in die area sluit die Langebaan-strandmeer, Club Mykonos Casino, Weskus Nasionale Park, swem, jetski, duik, vlieërbranderry, visvang en kajakvaart in.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Nita Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 193
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Van Boven-straat 1, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink On Deck het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Boven-straat 1, Langebaan, 7357, Wes-Kaap