Pick your preferred language

English

Afrikaans

Gastehuis in Oudtshoorn

Oudemuragie Guest Farm

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 68 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Hennie H
Lang verblyf
5.0
Des 2025

Paradys. Rustig. Sielsverrykend. 'n Stukkie van die paradys het hier agtergebly! Tannie Maggie is die spil waarom alles draai. Doen moeite en gesels met haar oor die omgewing se geskiedenis. Jy sal nie spyt wees nie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Maggie
Oudemuragie Guest Farm
Baie dankie!

Corrie P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2025

Rustig, sielsverkwikkend, Godgeskape natuur en sy mense. Dit is 'n lieflike akkommodasie met 'n regte plaasatmosfeer en rustige natuur en berge. Die gasvrou is die hart van hierdie plaas en die atmosfeer. By ons aankoms is ons bederf met 'n vasgebakte broodjie en later ook vars gelêde eiers. Ons is ook ter wille van 'n kaggel in die huis, opgegradeer na 'n ander huis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marietjie U
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2025

Lekkerste en mooiste plek. Fotos kan die skoonheid nie vasvang nie. Vol punte (sterre) is nie genoeg om hierdie paradys mooi plaas tussen die heuwels en berge te beskryf nie. Met aankoms verwonder ons onsself aan die skoonheid: sneeu bedekte berge, groen gras, aalwyne in volle blom. Skape en plaasgeluide. My seuntjie neurie spontaan Heidi se wysie. By ontvangs verwelkom Tannie Maggie jou met vars gebakte brood, nog warm uit die oond. In Bergsig is daar 'n groot sak hout vir braai en kaggelmaak. In die kombuis is daar heerlike beskuit en filterkoffie vir nog ekstra bederf. Die kleurvolle blommerangskikking met rose wat heerlik ruik, vang dadelik jou oog. Die staproetes is 'n moet. Die plaas is asemrowend mooi. Jy wil net hier bly. 'n Week is heeltemal te kort. Daar is liefde in elke gasvrye verwelkomende hoekie van die plaas. Dankie Tannie Maggie, wat 'n wonderlike seën dat ons die stukkie paradys kan geniet. (O ja, die grondpad soontoe is in baie goeie toestand.)

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2025

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Schalk V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2025

Heerlik en in 'n baie mooi rustige omgewing. Dit was ons tweede keer om hier tuis te gaan en dit was weereens heerlik. Baie rustig, stil en baie mooi. Baie vriendelike en hartlike ontvangs. Sal enige tyd weer daar gaan kuier en beveel dit enige tyd aan.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Maggie
Oudemuragie Guest Farm
Baie dankie en altyd lekker om julle weer te ontvang!

Henko V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mrt 2025

Hemel op aarde! A hidden gem! Geïnteresseerd deur die fotos, oorrompel deur die realiteit. 'n Warm tuisgebakte brood het ons ingewag saam met 'n begeesterde, passievolle gasvrou. Die uitsigte oor die plaas en berge is asemrowend! Geen kommentaar sonder positiewe byvoeglike naamwoorde en uitroeptekens kan gestand doen aan dit wat ons beleef het nie. Alles in die oortreffende trap. Teruggaan is 'n moet en ononderhandelbaar!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andries C
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Jan 2025

Wat 'n voorreg om Tannie Maggie se stukkie hemel op aarde te kon deel. Fantastiese vreedsame verblyf. Gasvrou was uitstekend. Natuurskoon is onverbeterlik.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jason R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.4
Des 2025

Amazing place but I will never go back again. After a 6-hour drive from Cape Town, all my family and I wanted to do was rest. The racist owner looked at our group, did not even greet us, and just asked, "is jy Jason?" There was a miscommunication between myself and the website, which led to our kids not being mentioned in the booking. However, when we got to the house, the owner kept arguing and shouting at us because the kids were not mentioned in the booking. At one point during this opening debate, the owner casually mentioned, "dus nie nou van race of watte group nie dit tel vir almal." We were rightfully fully shocked at the comments of the owner because, up until that point, no one had even mentioned race or skin color. At this point, she kept trying to get us to leave by giving us rules that were not in the listing—for example, the swimming pool is listed as part of the listing; however, the owner told us that it is her private pool and we could only swim for 30 minutes to 1 hour. In the listing, there is Wi-Fi and TV listed, but there was no Wi-Fi or TV available for us. If we could have left, we would have, but there were no other locations available in and around Oudtshoorn/De Rust. Oudemuragie is a beautiful place, but our weekend was ruined because of this initial interaction.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Elize M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Oudemuragie paradys. Watter ongelooflik mooi plek met die berge, skoon lug en vriendelike Maggie, wat met alles help en heerlike vars brood bring wat ons sommer dadelik verower het. Klein paradys. Alles wat jy nodig het en baie meer. Sal beslis weer gaan en meer tyd wil spandeer. Die staproetes, voëllewe en asemrowende omgewing.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Adrienne K
1 nag
5.0
Des 2024

Weggesteekte juweel in die Klein Karoo! Oude Muragie was 'n heerlike stop op pad see toe! Een aand was net te kort. Sal volgende keer beslis langer daar oorbly. Die eienaar het ons so welkom laat voel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Maggie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 68

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Oudemuragie Road, De Rust, 6650, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 31 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY1OWQzNTJkLWViOTctNGQ5Ni1iMDcwLWVjOWFlMzE4OGU0YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 68 5 1 5 Oudemuragie Road De Rust 6650 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.45447361406 22.437577683013
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang