Pick your preferred language

English

Afrikaans

+107
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 23 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 72 Voortrekker Road, Philippolis, 9970, Vrystaat Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Philippolis Inn is sentraal geleë in die historiese dorpie van Philippolis.

Sedert 1888 het die Hotel menigde gaste gehuisves toe die Nasionale N1 verkeer deur Philippolis gevloei het. Huidiglik verkies talle reisgers en toeriste steeds die stil R717 roete na die oudste nedersetting in die Vrystaat.

Die Bestuur het onlangs besluit om die Philippolis Hotel, voorheen ook bekend as die Oranjehof Hotel, Philippolis Lodge en Philippolis Hotel, na Philippolis "Inn" (herberg) te verander met ingang 01 Januarie 2026 as `n nostalgiese herinnering aan die verlede.

Die Inn bied 3 kamer eenhede (kamers 4 tot 6) vir 1 of 2 persone met `n familie kamer (kamer 7) vir tot 4 persone.

Kamer 4: 2 enkelbeddens , stort, handdoeke, koffie & tee geriewe
Kamer 5: 1 dubbebed , stort-oor-bad kombinasie, handdoeke, koffie & tee geriewe
Kamer 6: 2 enkelbeddens, stort-oor-bad kombinasie, handdoeke, koffie & tee geriewe
Kamer 7: 1 dubbelbed & 2 enkelbeddens, stort, handdoeke, koffie & tee geriewe

Die 3 Rondawels (Kamers 1 tot 3) huisves groter families of groepe tussen vir 1 tot 5 persone.

Kamer 1: Koningingsgrootte bed en 2 enkel beddens op die solder gedeelte. `n Bad, handdoeke met koffie & tee
geriewe
Kamer 2: Dubbelbed en 2 enkel beddens op die solder gedeelte. `n Bad, handdoeke met koffie & tee geriewe
Kamer 3: Koninginggrootte bed en 2 enkelbeddens op die solder gedeelte, `n Bad, handdoeke met koffie & tee
geriewe.

Buite braaigeriewe is beskikbaar. Swemgeriewe is weer binnekort beskikbaar.

Gaste parkering is beskikbaar binne die perseel met `n hek wat saans gesluit word. Gaste ontvang sleutels vir toegang na 22:00.

n Volle gelisensieerde kroeg met `n gesellige winter kaggel wag vir gaste na `n lang reis. Al la Carte aandetes word vanaf 18:00 bedien. Ontbyte kan op versoek gereel word teen 'n ekstra tarief.

Verskeie winkels en plaaslike kafees is binne loopafstand van die Inn. Gaste wat graag die dorp wil verken kan veilg rondbeweeg sonder `n voertuig.

Ons Bestuur en familie bedank iedere en elke gas vir u lojale ondersteuning. Mag daar net goeie herinneringe en vriendskappe gebou word (en indien daar dalk ietsie skeefloop - probeer ons steeds saggies om die "ou dame" weer in haar vorige glorie te herstel).

Seenwense,

Ian, Liesl, PG & Michelle


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 199 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Johan B
Saam met lewensmaat
5.0
Besonders. Baie gerieflik en besondere gasvryheid.
Des 2025
Gail S
Saam met vriende
5.0
Very good value. Very friendly hosts. We had to leave early the next morning for an excursion, and our hosts sent a lovely packed break...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Neels V
Saam met lewensmaat
5.0
Klein rustige dorpie, gasvryheid die beste! Heerlik gebly, lekker gekuier saam gasheer en sy vrou wat waargeneem het. Hulle het uit hul pad gegaan om ...
Sien meer
Jul 2025
Cornelius V
Saam met vriende
5.0
Puik! Uitstekend! Ons gasheer was uiters vriendelik en hulpvaardig.
Feb 2025
Denise D
Gesin met klein kinders
5.0
Great. It was lovely and will recommend for a stayover.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 199

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 72 Voortrekker Road, Philippolis, 9970, Vrystaat
  • Gaste dink Philippolis Inn het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek

72 Voortrekker Road, Philippolis, 9970, Vrystaat

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 23 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa6d5e668c1542ccc7da40209fb91c520b70853f55b94c5f21b9a1cfb8e1f6202f853df32819edfe8a86bd7d0b83d11cf5ca6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 199 5 1 5 72 Voortrekker Road Philippolis 9970 Vrystaat 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -30.265734651042 25.27421683073
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang