+126

Piekenierskloof Mountain Resort

  • Kapasiteit: 172 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N7, Piekenierskloof Pass, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 160 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Piekenierskloof Mountain Resort is in die hartjie van die Sederberge, naby die N7 en net 170 km van die Kaap af geleë.

Dié hotel bied gerieflike verblyf bied met afwerkings, linne en handdoeke wat van die puik standaard wat hier gehandhaaf word getuig.

Die lodge spog met selfsorg-chalets. Elke chalet het 2 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n solder, groot oopplan-sitkamer en -eetkamer, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n patio met panoramiese uitsigte van die Sederberge.

Die lodge het 'n restaurant, dameskroeg, swembad, binnenshuise swembad met warm water, speelkamer, speletjies-area met trampolien, klimraam en tuin-skaak, putt-putt, 'n skoonheidsalon, Zipline en teikenskiet.

Die konferensiegeriewe is ideaal vir konferensies, funksies en troues met tot 120 gaste en is volledig ingerig met 'n PA-stelsel, dataprojektor, skerm, WiFi en lugversorging.

Citrusdal is tussen die Swart- en Koue Bokkeveld-berge geleë en dis net 2 ure se ry van Kaapstad af. Dié dorpie staan ook bekend as die poort na die skilderagtige Sederberge. Die beeldskone streek bied 'n magdom doendinge soos staproetes, fantastiese rotsformasies soos die Maltese Kruis en Wolfberg, rotsklim, bergfietsry, vierwielmotorfietsry, 4x4-roetes, gholfbane met 9 putjies en varswatervisvang in die Olifantsrivier.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Spa
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
24-uur-ontvangs

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 140 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Theuns S
Saam met vriende
5.0
Relaxing. Excellent views. Drinks, dinner and breakfast on the deck. Beautiful gardens.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2025
Trevor E
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik mooi uitsig. Dit was fantasties en baie lekker geriewe.
Okt 2025
John & Glenda V
Saam met lewensmaat
5.0
Fabulous. Place to stay. What a gem! Loved every minute of our stay. Staff were friendly and so helpful. The unit was immaculate and ve...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Dries K
Gesin met tieners
5.0
Lekker bederf. Dankie, die verblyf was baie lekker.
Jul 2025
Richard Johannes L
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige, skoon omgewing met goeie fasiliteit en diens. Goeie fasiliteit en diens.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Dream Geverifieer

Eiendomme 18

Resensies 415

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • N7, Piekenierskloof Pass, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Gaste dink Piekenierskloof Mountain Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 160
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 160
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 160
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 172 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N7, Piekenierskloof Pass, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfd85d5c3045da457eec90531733cefa82219779a1791419bfd43e4ae10308d4b321df12e606184c0c2cbb089219c63eadbc9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 160 per nag, vir 2 mense 140 5 1 5 N7 Piekenierskloof Pass 7340 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -32.618773707446 18.958518505096
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang