Pick your preferred language

English

Afrikaans

+11

2 gaste

1 slaapkamer

1 bed

1 badkamer

  • 2 gaste
  • Geen kinders onder 17
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Harrier Street, Golden Mile, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

R&R Cottage is 'n bekoorlike selfsorgkothuis wat op die Goue Myl in St. Helenabaai geleë is. Dit is sowat 200 m van die strand af en is die ideale kothuis vir diegene wat op soek is na 'n rustige wegbreek, wat wil gholfspeel, visvang en sommer net lekker op die strand ontspan. Dit is ook die ideale basis vanwaar gaste die dorpe in die area kan verken. Die kothuis is naby 'n wassery, supermark, restaurante, drankwinkels en 'n deli geleë.

Dié kothuis is geskik vir 2 gaste en het 1 slaapkamer, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n sluitbare kluis. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n etenstafel met sitplek vir 2 toegerus. Die sitarea het 'n Slim-TV en Prime TV. Gaste moet hul eie besonderhede gebruik om in te teken. Buite is daar 'n beskutte stoep met 'n etenstafel en ingeboude braai. 'n Rooster en braaitang word voorsien.

Die omheinde tuin is ideaal vir 'n klein troeteldier indien dit vooraf gereël is. Daar is 'n wasgoedlyn buite en parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die kothuis het 'n alarmstelsel en sekuriteitsluike. Gratis veselinternet is beskikbaar.

Die kothuis het sonkrag en 'n omsetter, asook 'n tweeplaatgasstoof.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Numandi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Harrier Street, Golden Mile, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink R&R Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Harrier Street, Golden Mile, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 2 gaste
  • Geen kinders onder 17
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA25a11baa5840a381684909f3d5f14fc4196c5d52fe69f478a8bd2aa308dec0bbda13a9d65abaf7660086e17bf37a62fe156e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 25 5 1 5 Harrier Street Golden Mile 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.720524412106 17.957877879762
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang