8 gaste
4 slaapkamers
5 beds
3 badkamers
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Instagram
- 27 Cliff Street, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Still Waters is 'n ruim villa by die see in De kelders, Gansbaai. Die stylvolle selfsorghuis is vir 8 gaste geskik en dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Een van die en suite-badkamers het 'n stort en die ander een het 'n bad. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbedddens. Die derde badkamer het 'n bad en daar is ook 'n aparte gastetoilet. Elke slaapkamer spog met 'n uitsig oor die Suid-Atlantiese Oseaan.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek, 'n kroeg, gemaklike rusbanke en 'n TV. Dit lei na 'n stoep wat 'n etenstafel en 'n uitsig oor Walkerbaai het. Daar is nog 'n onderdakstoep met sitplek en 'n Weber-braai.
Of gaste nou die geriewe in die huis geniet, op die goue strande sonbaai of in die see baljaar, Still Waters verseker 'n onvergeetlike vakansie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Annemarie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 27 Cliff Street, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Still Waters het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
27 Cliff Street, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Instagram
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang