6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
3 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- 33 Saint Augustine Road, Paternoster, 7381, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Sugar Shack is 'n vissermanskothuis in Paternoster, 'n bekoorlike vissersdorpie aan die Weskus.
Die kothuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis spog ook met Le Creuset-potte en luukse KitchenAid-toerusting. Gaste kan hulle maaltye by die etenstafel geniet, of in die sitarea voor die kaggel, TV met DStv en 'n DVD-speler ontspan. WiFi is beskikbaar.
Gaste kan die tuinuitsig vanaf die stoep bewonder of van die beskutte braai- en sitarea gebruik maak. Die kothuis het 'n ook 'n lieflike stoep met 'n sitarea, hangmat en 'n uitsig oor die see. Dié stoep is op die tweede verdieping en word met 'n trap bereik. Die terras is nie onderdak nie en is dus van die weer afhanklik.
Daar is 'n klein, omheinde tuin en 2 goed gemanierde, klein tot mediumgrootte-honde is welkom indien dit vooraf gereël word. Veilige parkeerplek is vir 2 voertuie op die perseel beskikbaar en die huis het 'n alarmstelsel.
Sugar Shack is 90 m vanaf die strand en is sentraal naby Paternoster se gewilde restaurante geleë. Gaste kan swem, duik, spiesvisvang, op die see kajakvaar en bergfietsry. Besienswaardighede in die omgewing sluit die Cape Columbine Natuurreservaat, die Weskus Fossielpark en die Bergriviermonding in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Lise Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 33 Saint Augustine Road, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Sugar Shack het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
33 Saint Augustine Road, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang