Sugar Shack

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 17 Jan 2019 tot 6 Des 2019.

Beskrywing

Sugar Shack is 'n vissermanskothuis met slaapplek vir 6 gaste in Paternoster, 'n bekoorlike vissersdorpie aan die Weskus.

Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer het 'n stort. Die derde slaapkamer het twee enkelbeddens en die badkamer is apart en het 'n stort.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis het ook Le Creuset-potte en luukse KitchenAid-toerusting en is ideaal vir gaste wat daarvan hou op kos te maak. Daar is 'n etenstafel met kaggel en die sitarea het 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. WiFi is beskikbaar.

Gaste kan op die stoep met 'n tuinuitsig ontspan of die beskutte braai- en sitarea gebruik. Die kothuis het 'n ook 'n lieflike terras met hangmat, 'n tafel en stoele en 'n uitsig oor die see. Dié terras is op die tweede verdieping en word via trappe bereik.

Die kothuis is heeltemal omhein en goed gemanierde troeteldiere is welkom indien vooraf gereël. Daar veilige parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel en die huis het 'n alarmstelsel.

Sugar Shack is 90 m vanaf die strand en is sentraal geleë naby Paternoster se restaurante. Besienswaardighede in die omgewing sluit die Cape Columbine Natuurreservaat, die Weskus Fossielpark en die Bergrivier riviermonding in. Gaste kan doendinge soos swem, duik, spiesvisvang, kajakvaarte op die see en bergfietsry geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Sugar Shack sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sugar Shack gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 900 R2 610 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 17 Jan 2019 tot 6 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false