+126
Selfsorg in Dinokeng

Tendeni Private Lodge

  • Slaapplek vir 24 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Off De Wagendrift, Plot 13 Boveneind / Groenfontein, Dinokeng, 1002, Gauteng Sien kaart

Beskrywing

Tendeni Private Lodge is in die Dinokeng Wildreservaat geleë en bied glanskamp-verblyf net 60 km vanaf Pretoria.

Die lodge bied 'n keuse tussen tente of chalets wat almal 2 gaste kan akkommodeer. Kinders onder 16 jaar kan op versoek en teen 'n addisionele koste akkommodeer word op 'n voubed of 'n daktent vir die meer avontuurlustiges.

Ellke oopplan-eenheid het 'n koninggrootte-bed en 'n plafonwaaier, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Elke eenheid se kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tweeplaatgasstoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye saam om die etenstafel geniet. Verder kan gaste op die stoep met privaat braaigeriewe ontspan terwyl hul 'n drankie geniet.

Die lodge het 'n gemeenskaplike lapa met 'n sitarea, 'n kombuis, eetarea, TV, kroeg en 'n buitebraai-area, of gaste kan in die swembad gaan afkoel.

Verder kan gaste die verskeidenheid wild soos koedoes, njalas, die rooibok, kameelperde, blouwildebeeste beskou terwyl hulle vry in die veld rondloop.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Catherine E R
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic. Would recommend to anyone. Will definitely be staying again. Clean and has everything you would need. Staff were very friend...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2026
Gerhard V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie lekker plek. Glamp tent 1 is baie privaat. Ons het lekker gaan stap op die perseel en heelwat wild van naby gesien. Baie maklik om va...
Sien meer
Jan 2026
Gerhard D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie mooi plek en die gasvryheid was great.
Des 2025
Hennie B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig, rustig en goed versorg. Tendeni Lodge was 'n wonderlike ervaring. Van die oomblik af wat ons daar aangekom het, was ons beïndruk met die skoo...
Sien meer
Nov 2025
Jan D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Ons het baie lekker gebly, dit was netjies goed ingerig in 'n rustige atmosfeer.
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Willie Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 71

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Off De Wagendrift, Plot 13 Boveneind / Groenfontein, Dinokeng, 1002, Gauteng
  • Gaste dink Tendeni Private Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Off De Wagendrift, Plot 13 Boveneind / Groenfontein, Dinokeng, 1002, Gauteng

Sien kaart
  • Slaapplek vir 24 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA35c5af1797ee4075e635d210e4146d7603519c2c74958b3d803c23503b296114044161b809d1b8cf8b3f2a6a1473ba143be2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 70 5 1 5 Off De Wagendrift Plot 13 Boveneind / Groenfontein 1002 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.418120225817 28.460745695128

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang