Pick your preferred language

English

Afrikaans

+20
Selfsorg in Stilbaai-Wes

Vakansie Chalet in Palinggat Oord

4 gaste

2 slaapkamers

3 beds

1 badkamer

  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Main Road, 136 Palinggat Resort, Still Bay West, Still Bay, 6674, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Vakansie Chalet in Palinggat Oord is 'n selfsorghuis in 'n sekuriteitskompleks in die kusdorp, Stilbaai. Die kompleks is naby 'n gholfklub, die strand en die Goukourivier.

Die chalet het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer, asook 'n aparte toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n gassstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het 'n gemaklike rusbankstel en 'n platskerm-TV met DStv.

Daar is WiFi en ‘n battery om die WiFi en TV aan te hou tydens beurtkrag.

Die kombuis lei na 'n stoep met 'n buite-eetstel, sonsambreel, wasgoedlyn en braaigeriewe.

Gaste het toegang tot die kompleks se swembad, plonspoel, muurbalbaan en speelarea vir kinders.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Daryl Ann G
5.0
Absolutely perfect! Spotlessly clean, perfectly equipped and perfectly furnished. My second visit to this lovely home; I will definitel...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Deon G
5.0
Heerlik en ontspannend. Het heerlik gebly. Huis gerieflik en netjies. Dit is veilig en sentraal geleë.
Apr 2025
Jan S
Gesin met klein kinders
4.8
Ons kuier was baie rustig en stil, en die mense is baie vriendelik. Ja, dit was baie lekker verblyf. En ons as gesin beplan om weer in die toekoms te ...
Sien meer
Nov 2025
Ivin W
Gesin met klein kinders
4.6
Baie lekker. Die verblyf is baie goed en ons het dit geniet. Die plek is baie veilig en is geskik vir 'n gesin met kinders.
Jul 2025
Leone W
Gesin met klein kinders
4.6
Snoesig en gerieflik. Die huisie is baie gerieflik en netjies. Die huisie self is baie mooier as die foto's op die website. Al wat 'n probleem was, wa...
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Anso Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 21

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Main Road, 136 Palinggat Resort, Still Bay West, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vakansie Chalet in Palinggat Oord het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Main Road, 136 Palinggat Resort, Still Bay West, Still Bay, 6674, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYZjCI9vbqNZxgMrz9pZJHOC3KDU96KxZBKPaW30h7S9RO5EvkE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 21 5 1 5 Main Road, 136 Palinggat Resort Still Bay West 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.375418477698 21.408666315483

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang