View 180
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langstraat 33, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
View 180 is 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel in Mosselbaai. Die woonstel bied 'n lieflike 180 grade-uitsig oor die hawe en Santosstrand.
Verblyf word in 3 eenhede gebied en daar is slaapplek vir 8 gaste. Die hoof-eenheid het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en stort. Die tweede slaapkamer het toegang tot die tweede, aparte badkamer wat ’n stort het. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, gasstoof, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die enkel-eenhede het albei ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak.
Gaste het toegang tot braaigeriewe. Daar is ook veilige parkeerplek vir 1 voertuig per eenheid.
Dis naby restaurante, soos Jackal on the Beach en Train, asook winkels. Die eenhede is ook net 'n entjie se ry vanaf die hawe en ander trekpleisters in die dorp.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anton Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 26
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Langstraat 33, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink View 180 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Santosbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langstraat 33, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom