+57
Gastehuis in De Rust

Vredelus Plaas Verblyf

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 103 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Riana R
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2026

Heerlike oornag plekkie en baie sentraal geleë!! Heerlik gebly! Was soos n oasis na die 12 ure rit van Pretoria. Oms het net daar oornag maar die beddegoed het ons moeê lywe omvou sodat ons lekker uitgerus die tweede been tot by ons bestemming met gemak kon bereik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marlise S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2026

Stil en lekker. Lekker stil en veilige omgewing.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Garth P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2026

Pleasant and convenient. Small room but very nice and had everything we needed.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Antoinetta B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2026

Stapafstand van die dorp met sy mooi kuierplekkies en net 11 km na Meiringspoort. 'n Pragtige oornagplekkie in die Klein Karoo met 'n wye uitsig en voëlsang. Die tuin is goed versorg en die vrede volop. Heerlike beddegoed en alles wat nodig is, is daar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Walter S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2026

Rustige kuier op die plaas alhoewel jy by die dorp is. Baie lekker. Stapafstand van al die restaurante.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elizabeth J
1 nag
5.0
Apr 2026

Rustig. Ja, ek het, was skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willie P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.4
Feb 2026

Ek was nie gelukkig nie, sal nie weer van die webtuiste gebruik maak nie. Met die advertensie word aangetoon dat daar aparte eenhede vir die verblyf is. Ons het egter ’n kamer aan die huis gekry met geen ventilasie nie. Daar was ’n waaier beskikbaar, maar dit help glad nie vir temperature bo 30 grade Celsius nie. Ons was verplig om die deur (waarvan die deurknop lyk of dit wil afval wanneer jy dit oopmaak, en wat ook nie ’n sleutel het waarmee dit gesluit kan word nie) oop te hou vir vars lug. Sommige planke van die houtvloere is op plekke los en mens wonder wanneer jou voet daarin gaan vassit. Ongelukkig was die vlieë so erg dat ons ná die tweede dag se slaap verplig was om op te pak en ’n ander plek te soek. Die eienaars was egter vriendelik en het ons van ’n TV voorsien wat nie aanvanklik in die kamer beskikbaar was nie. Die eienaars het egter geweier om ons geld vir die ander vyf dae wat ons betaal het, terug te betaal. Hulle het wel aangebied om die tydperk na ’n ander datum te skuif, maar my vrou sal nie weer deur die jaar verlof kan kry nie, en ek stel ook nie belang om weer in hierdie kamer vakansie te hou nie. Ek was regtig teleurgesteld in die gehalte, aangesien ons self ’n gastekamer deur die webtuiste uitverhuur. Ek moet eerlik sê dat ons gastekamer netjieser en in ’n beter toestand is as dit wat ons gekry het. Ek sou glad nie Vredelus aanbeveel vir ’n week se wegbreek nie.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0
Alsje
Vredelus Plaas Verblyf
Ons is jammer om te hoor dat u nie tevrede was nie. Ek dink egter dat my algehele gradering bewys dat gaste gewoonlik baie gelukkig is by ons, en ek gee graag terugvoer oor u ervaring. In Desember is die houtvloere oorvermnis en onderhou, nog voor u gekom het, en daar is geen planke los nie. Die huis is meer as 100 jaar oud en al sy deure het outydse deurknoppe, maar dit is nie stukkend nie. Die sekuriteitshek voor die houtdeur maak dat die eenheid baie veilig is en gesluit kan word. Die eenheid wat u bespreek het, het sy eie ingang en word nie met ander gaste gedeel nie, daarom word dit as apart gelys. Dit is op die stoep van die hoofhuis, soos in die foto’s aangedui. Dit wat u aan my gekommunikeer het en wat u hier skryf, stem nie ooreen nie. Indien u ontevrede was, sou ons u moontlik na ’n ander eenheid kon skuif. U het egter genoem dat u dringend terug huis toe moes vir werk en dat u tevrede was toe ek vir u gesê het dat u op ’n latere stadium weer kan kom. Ons kansellasiebeleid word aan u gegee voordat u bespreek. U het egter nie volgens die beleid gekanselleer nie. Ek het ook aangebied om u terug te betaal sou ek ander besprekings op kort kennisgewing ontvang, maar die datums is nie weer oopgestel vir nuwe besprekings nie.

Stephen E
1 nag
4.8
Jan 2025

Rustige Karoo plaas verblyf. Baie rustige en netjiese eenheid in 'n karaktervolle ou plaashuis met mooi uitsig na die Karoo heuwels en berge. Die eenheid beskik oor alles wat 'n mens nodig het. Loopafstand na die restaurante en dorp.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Pieter S
1 nag
4.4
Jan 2025

Rustige plaasomgewing met ruim geriewe. Ek was vriendelik ontvang en het lekker gebly. Die beweging op nabye houtvloere was bietjie steurend deur die nag. Goeie waarde.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Elize W
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Heerlike plaas ervaring. Heerlike rustige plaas ervaring. Ons sal vir seker weer daar oornag. Dankie dat ons ons dierekind kon saambring. Sy het dit ook vreeslik geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Alsje Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 103

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Farm Vredelus, Off New Street, De Rust, 6651, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIZQdVkpLzWzaOKIBeqEke8Z235ltxvwqZ3UXRXzHIjk5Zrt7OB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 103 5 1 5 Farm Vredelus Off New Street 6651 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.490551445127 22.540348470211
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang