Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 1453 reviews.
"Die Nasionale Museum, Oorlogsmuseum en die Oliewenhuis Kunsgallery is die moeite werd om te besoek. Waterfront en Mimosa Malls is baie aangenaam."
"Did not have time to see much as we had to rush back - we were transporting a cancer patient to East London."
"Vir ons was dit redelik hartseer, ons is aanvanklik van Bloemfontein en het so 20 jaar terug Kaap toe getrek. Die stad het verskriklik agteruit gegaan. Paaie is in 'n swak toestand (Geen sperstrepe eers in die hoofstrate nie - CBD) Vervalle geboue en tuine. Oor die algemeen is die stad vuil. Hartseer om te weet dis was eens die Stad van Rose genoem - want nou is dit net dorings..."
"Lekker parkrun gedoen die Saterdagoggend. Bloem is 'n lekker oornagstad met baie goeie restaurante."
"Ek was op Bloemfontein in die vroeë 80's as student so dit het baie verander. Ons sal graag wil kom besoek om die stad te verken oor 'n paar dae."
"As die munisipaliteit hulle deel doen sal Bloemfontein beslis meer toeriste lok."
"Ons was geskok om te sien dat die stad agteruit gegaan het, maar het nog steeds geniet om daar te wees."
"Die beste eetplekke. Maklike stad om in te ry. Verkeer glad nie 'n probleem nie. Lekker om geskiedkundige plekke te besoek."