Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1493 resensies.
"So jammer, eintlik hartverskeurend, dat dele van Bloemfontein vervalle en onversorg is. Genadiglik is daar wél buurte wat opgeknap word a.g.v. die inwoners se inisiatiewe."
"Bloemfontein seems to be a business hub and the state of the road surfaces is deteriorating."
"Die stad in baie swak versorg en onnet. Baie jammer, maar die plaaslike owerheid kom glad nie, hoegenaamd nie die mas op nie. Bloemfontein wat baie mooi kan wees, is stukkend!"
"Beter as wat ek verwag het. Was jare laas daar en lyk of Bloem positief groei."
"Bloemfontein is besig om agteruit te gaan en mens kan dit sien in die besienswaardighede."
"Ons was aangenaam verras. Volgende keer gaan ons langer bly sodat ons die dorp kan verken."
"Infrastruktuur is soos die paaie baie swak. Die stad het potensiaal, maar moet beter bestuur word."
"Bloemfontein is baie lekker as toeristebestemming en inkopiesentrums en natuurlik moet jy nie weeklikse boeremark misloop in Langenhoven Park nie."
"Bloemfontein as stad gaan teleurstellend agteruit. Die tuine en sypaadjies is in 'n toestand. Dis glad nie hoe ek Bloemfontein as jongmens en kind onthou nie. Dis glad nie meer die mooi Rosestad van vroeër nie."