Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1473 resensies.
"Ons was aangenaam verras. Volgende keer gaan ons langer bly sodat ons die dorp kan verken."
"Infrastruktuur is soos die paaie baie swak. Die stad het potensiaal, maar moet beter bestuur word."
"Bloemfontein is baie lekker as toeristebestemming en inkopiesentrums en natuurlik moet jy nie weeklikse boeremark misloop in Langenhoven Park nie."
"Bloemfontein as stad gaan teleurstellend agteruit. Die tuine en sypaadjies is in 'n toestand. Dis glad nie hoe ek Bloemfontein as jongmens en kind onthou nie. Dis glad nie meer die mooi Rosestad van vroeër nie."
"Was net oornag in Bloemfontein, maar soos in baie ander stede en dorpe is veral duidelik sigbaar."
"'n Paar mooi interessante plekke, soos die Nasionale Museum en die Oorlogsmuseum. Lekker winkels."
"I was our first time at Bloemfontein and we were amazed how beautiful and peaceful this city is! With hills and gardens and a lot of historical buildings! Loved it!"
"Very clean town but very busy with motorists and the roads in and out are a bit difficult to navigate without a GPS."
"Die stad het groot geword. Paaie kort aandag soos die meeste stede van ons land. Mense is wel baie vriendelik en bedagsaam. Die meeste eetplekke maak vroeg toe weens COVID. Ons kon net na 7 by een plek regkom - Panarottis by Mimosa. Kloppers is 'n moet om te besoek, maar maak jou reg vir ten minste 2 ure se rondloop in die reusewinkel."
"Ons is na Bloemfontein toe om die NBT toets af te skryf. Ek het agtergekom Bloemfontein is 'n vriendelike stad. Die stad is egter nie 'n vakansiebestemming nie, maar eerder 'n bestemming vir sakereise. Ek sal beslis weer die Dros in Dan Pienaar besoek as ek ooit weer in Bloemfontein is."
"Bloemfontein het baie agteruitgegaan vandat ons 6 jaar terug ook daar oornag het."
"Ons hou van die rustigheid van die woonbuurte met die gerief van winkels/supermarkte/restourante."