Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1453 resensies.
Universitas Ridge, Bloemfontein
Grace Cottage"Goed geleë as jy plekke moet besoek in daardie deel van Bloemfontein."
"Cottages @ Moffett is baie sentraal naby Rosepark en Pasteur hospitale. Die Pick 'n Pay Hyper en motorhawe wat so naby geleë is, is ook 'n groot pluspunt."
"Goed gevestigde omgewing met 'n keuse van inkopiesentrums. Rustig en veilig."
"Area is naby alles - eetplekke en winkelsentrums. Toegang tot hoofroetes is baie maklik."
"Bloemfontein was baie koud, maar ons was goed ingerig met elektriese kombers en warm lugreëling. Die warm persoonlikhede van die mense in Bloemfontein het opgemaak vir die koue en almal is uiters vriendelik en behulpsaam."
"Ons geniet Bloemfontein elke keer as ons met sportbyeenkomste kom ondersteun. Die rose-stad verras ons elke keer! Sien uit om gou weer terug te kom."
"Vir ons wat in die omliggende dele van Bloemfontein groot geword het, is daar baie besienswaardighede. Een hartseer punt is egter die algemene verval van Bloemfontein. Orals is waterlekke en vuilgoed wat gestrooi lê."