Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3557 resensies.
"Great vir wynproe en die area is stunning. Berge, wynplase, vrugteboorde net waar jy kyk. Gaan loer by Slanghoek vir 'n visuele roadtrip. Dwarsberg Trout Hideaway vir piekniek by die rivier. Goudini wynproe."
"Ek is 'n boorling van Worcester en kan die plek definitief aanbeveel. Daar is baie besienswaardighede en die ligging is sentraal geleë."
"Die omgewing rondom Rawsonville is pragtig en daar is goeie geriewe binne 'n kort afstand in Worcester beskikbaar indien mens dit sou benodig."
"Netjies en stil voorstad. Met 'n klein winkelsentrum waar jy alles kan kry wat jy dalk vergeet het."
"Ek was verbaas om te sien hoe die dorpie agteruit gegaan het vandat ek 'n paar jaar gelede daar was. Daar is nie meer soveel koffiekuierplekkies nie en amper geen volwaardige antieke winkel nie. Gelukkig stel die wynplase nie teleur nie. Paddagang se tradisionele ete was heerlik, Waverley Hills (op pad na Wolseley) se ontbyt was onverbeterlik, asook hulle wynproe. Ons het wonderlike diens by Twee Jonge Gezellen se Krone en Saronsberg gehad en die beste wynproe aanbieding deur Riaan by Oude Compagnies Post! Montpellier se diens was uiters teleurstellend, ons het lank gewag met net 2 persone wat rondgehardloop het om almal te bedien en die aanbieding van die wyn was onpersoonlik en afgejaag. Alles en alles het die natuurskoon dit die moeite werd gemaak!"
"Dit is 'n baie lekker plek om vakansie te hou. Die strande is skoon en netjies. Daar is beslis genoeg om te doen."
"The view of the drive was so spectacular, just loved the drive through the vineyards and that fact that is so close to Goudini Spa. "
"Pragtige omgewing weg van stadsgewoel. As jy wil afskakel en jouself hoor dink, is dit die plek om by te wees! Sentraal geleë."
"Lots of history. Lots of wine farms and good food. Nature and birds. "
"Very centrally located. Close to shops, malls, restaurants, wine routes and many other attractions."
"Weer was baie sleg, wind het koud gewaai amper die hele tyd. Die dorp self is skoon en mooi. "
"Een van ons gunsteling dorpies. Besoek ook Adene Blomme plaas buite Wolseley (hulle het Sondae open days)."