Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3581 resensies.
"Stellenbosch as a whole is a pricey place to stay and we would visit more often if the costs were more reasonable."
"Strand is looking stunning with their new boardwalk and the beach looks clean and maintained."
"Die omgewing en die besienswaardighede maak op vir die negatiewe punte. Spice Route en Fairview is 'n miernes van bedrywighede oor naweke maar 'n groot aantrekkingskrag. Bona Vista is letterlik binne bereik van Stellenbosch, Malmesbury, Riebeek-kasteel en ander dorpies/wyn plase, ens."
"Pragtige dorpie en alles is loopafstand van mekaar af. Veilige strate en vriendelike mense."
"Ek sal dit aanbeveel gedurende die werksdae, maar die toestroming van mense oor die naweke, met geraas en rommel sal ek definitief nie aanbeveel nie."
"Groot probleem met dronk jongmense oor naweke deur die dag en in die aand. Het glad nie veilig gevoel om rond te loop nie. Baie sad, want 'n paar jaar terug het ons vir lang ente teen die strand opgestap. Nou met sonsonder is dit nie veilig nie. Informele straat vendors verkoop openlik dwelms aan jongmense. Waar is die polisie se teenwoordigheid?"
"Die paaie is baie besig en smal, stap is jou beste opsie, daarom is verblyf wat sentraal is, baie gerieflik."
"Must visit: The Taal Monument. The view from there is awesome. The strawberry shop has freshly picked strawberries at very reasonable prices. Babylonstoren is a must see. Delicious food at the garden restaurant. We will be back soon."
"My pa het familie gehad wat in Worcester gebly het en wou net weer 'n slag sien hoe dit daar lyk. Groot was my verrassing toe ek Trappestraat herken en ook die huis waar my pas se suster gebly het tot sy oorlede is 42 jaar gelede."
"Ek het Tulbagh besoek omdat my ma daar groot geword het en my oupa en ouma daar begrawe is. Die omgewing met die berge en plase is pragtig. "