Geverifieerde Resensie
Britstown
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Britstown bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 277 resensies.
"Being halfway is ideal. The town itself is not safe. People must take practically all the necessities. The shop is very basic."
"Dis maar 'n ou klein dorpie. Moeilik om te oordeel, aangesien ons net deurgery het."
"Uhh, o ja, daar is 'n baie lekker koffiewinkel (iets van 'n ou meule) en eetgoed (ete) as jy te lui is om op die gasteplaas te gaan braai - en gaan kyk na die kerk."
"Klein dorpie, sien of weet niks van wat toeriste daar sal lok nie. Miskien weet ek net nie van so iets in die dorp nie. Ook te veel bedelaars in die strate. Voel nie so veilig om daar te stop nie."
"Stop gerus by The Old Mill Coffee Shop vir heerlike kos en verversings. Maak net seker jy doen dit voor 3pm, hulle sluit vroeg!"
"Ons hou van klein plaasdorpe, daarom het ons Britstown gekies. Ons het ontbyt by Transkarro Country Lodge gehad en deur die een hoofstaat dorp gery. Ongelukkig met ons Ekonomiese staans in Suid-Afrika was ons gebombardeer deur mense wat gebel het en dit was vir ons ongelukkig onaangenaam."
"Dorpie lyk maar verwaarloos soos mens deur hom ry, maar het nie regtig uitgevind nie."
"Britstown is 'n uitstekende halfwegstasie, veral omdat paaie hier aansluit vanaf Weskus/Namakwaland en ook die Suidwes-Kaap."
"Ek dink die dorpe het so agteruit gegaan op die pad na Potchefstroom - dis baie teleurstellend. Ek noem dit, met geen diens wat ek in dorpe gebruik het nie en net verby te ry."
"Klein dorpie, weet nie regtig of hul iets vir toeriste aanbied behalwe oornagverblyf vir vakansiegangers wat wil oorslaap op hul reis nie."
"Bly gerus vir meer as een nag oor by Kambro. Dis kos vir die siel."
"Dis gerieflik en sentraal vir reise na Suid- en Wes-Kaap, asook Namakwaland."
"Die dorp self Britstown kort bietjie aandag vir toeriste-vriendelikheid en netheid."