Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2650 reviews.
"Het nog nooit tyd gehad om die dorp met sy interessante ou geboue mooi te bekyk nie. Sou graag foto's daar neem in die regte lig."
"Ek het ongelukkig nie baie tyd daar spandeer nie, slegs oornag op my pad na Somerset-Wes. Die dorpie was netjies en skoon, met 'n rustige atmosfeer."
"It was an overnight stay, but Beaufort has everything you need. A beautiful part of the Karoo."
"Die rustigheid en stilte is 'n lafenis. Ons was veral beïndruk met die spitsverkeer van 1 voertuig elke half uur. 'n Plek wat ons ervaring van die Karoo verryk het."
"Nie op 'n hoofroete nie, ek was self baie beïndruk met die dorpie en sal dit regtig aanbeveel vir iets soos 'n naweek-wegbreek. Deur net oor te slaap gaan mens die dorp eintlik mis."
"Wonderlike argitektuur en elke huis lyk of dit pas geverf is. Leen hom tot wandelinge straat-op en straat-af. Kuns- en teaterliefhebbers sal die dorp baie geniet."
"Ons het die gasvryheid van Merweville eerstehands ervaar. Van Thea wat spesiaal die petrolpomp moes kom oopsluit sodat ons na 2 kan petrol kry, tot rugby kyk by Colin en 'n hewige kuier daarna! En dan in die pikdonker, tjoepstil dorpie terugstap huistoe en die duisende sterre beleef. Ons kon ongelukkig nie enige van die winkeltjies besoek nie, aangesien als 2 uur toemaak en ons eers daarna daar aangekom het. Dit was 'n wonderlike besoek wat ons nog lank sal bybly."