Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2673 resensies.
"Prins Albert is 'n baie mooi dorpie. Ons was ongelukkig nie betyds vir die Saterdagoggend mark nie, sou dit graag wou beleef. Die omgewing met sy berge het 'n groot bekoring! Ek sou toegang tot die Kokkedoorstoor wou gehad het, om bietjie daar te kan rondkyk!"
"Die diens van sekere kafees in die hoofstraat laat veel te wense oor. Diens in die Karoo Park is uitstekend."
"Wonderlike gasvrye mense en is die restaurante van 'n hoë standaard."
"Dit is die mooiste dorpie in die Wes-Kaap! Die huise is goed versorg, en al die mense is vriendelik en werk saam. Die hoeveelheid projekte wat uit die gemeenskap gaan om armoede te verlig en mense te bemagtig, is so positief."
"Sal net langer wil bly om al die winkels en galerye te besigtig, want hulle was almal klaar toe, toe ons daar aankom op 'n Saterdagmiddag en bitter min was oop op die Sondagoggend. "
"Baie interessante besienswaardighede, 'n dorpie wat ryk is aan geskiedkundige besienswaardighede."
"Other accommodation rather unnecessarily expensive. Fransie Pienaar Museum and Gay's Guernsy Dairy excellent. Greatly anticipating the opening of Swartberg Pass."
"Daar is so baie om te sien en doen. Ons het die Karoo Wildreservaat besoek, Chris Barnard se huis en sy pa se kerk, die township se kerkies, die Arts en Science sentrum en die sentrum vir gestremdes. Die weer was aangenaam. Mens kan ook met 'n donkie kar op toer gaan. Ons het nou nie daarby uitgekom nie."
"My familie bly daar, maar het geen begeerte om daar te bly nie. Baie lekker in die suidpunt van Afrika."
"Beaufort-Wes is 'n baie besige dorp maar rondom is daar 'n paar pragtige wildsplase wat heerlik is om by te kuier. Karoo stilte op sy beste!"
"Star gazing, the historic walk and the blacksmith's demonstration were memorable. We need to get back to do the geological walk, the ghost walk and to see the area in summer. "
"Daar is nog baie oor om te doen wanneer ons weer teruggaan. Vier dae was nie genoeg nie."