Geverifieerde Resensie

Clarens

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 2984 resensies.

Clarens

De Lusthof Guest Farm

"Clarens is 'n kuierdorpie. Baie winkels is interessant om na te kyk en 'n mens kry gewoonlik nie tyd om so te kuier in 'n dorp op 'n gewone naweek by die huis nie. Daar is ook 'n paar stalletjies langs die pad wat ons geniet het. Golden Gate was ook fantasties om weer te sien."

Clarens

Larola Terraces

"Die Sondagoggend-kerkdiens om 6:15 was die hoogtepunt oor die Paasnaweek. Ons het tuis gevoel tussen al die vriendelike mense en tee en hot cross buns na die diens geniet. Baie dankie aan al Clarens se mense wat dit spesiaal gemaak het."

Clarens

Accommodation @ The Spa

"Clarens is 'n wonderlike plek om te gaan vir 'n langnaweek. Die mooi natuur en rustigheid doen die siel goed. Dit is een van my en my man se gunsteling-bestemmings."

Clarens

The Courtyard Guest House

"Clarens is puik. Dit was 'n baie goeie ervaring. Golden Gate was vir my baie wonderlik."

Clarens

Knock Out View

"Pragtige dorpie. Sou nog langer wou bly! Ideale plek vir 'n romantiese wegbreek!"

Clarens

Cottage Pie

"Ons vierde besoek aan Clarens en steeds 'n aangename bestemming."

Clarens

Rosewood Corner

"Love the natural beauty of the area. Clarens is a must for folk who like to shop in quaint little shops. "

Clarens

Knock Out View

"Ideale plek om te kom uitspan. Lekkerste eetplekke en baie koopplekke. Die omgewing en natuurskoon is onbeskryflik."

Clarens

Knock Out View

"Pragtige dorpie, rustig en alles wat jou laat vergeet van al die stres by jou werk."

Clarens

Fairview Cottages

"Clarens is 'n pragtige plek met baie om te sien en baie plekke om te eet en kuier. Sal wragtig weer gaan."

Clarens

De Ark Mountain Lodge

"Baie interessante dorpie. Aangenaam om daar rond te loop en alles te besigtig. Kan pragtige aandenkings en ander artiekels aankoop. Oulike resturante, veral die heerlike wafels, pannekoeke en melkskommels!"

Clarens

The Courtyard Guest House

"Dit was ons 4de besoek en daar was elke keer iets nuuts te sien!"

Clarens

Fairview Cottages

"Pragtige natuur met omliggende berge."

Clarens

Rooikat Cottage

"Wens net ek het meer geld gehad om uit te gee op al die mooi goete wat my ogies gesien het. Dit is 'n wonderlike plek met al die nodige fasiliteite."

Clarens

Fairview Cottages

"Mooi natuur maar vind die winkels baie duur."

Clarens

RiverWalk Guest House

"Pragtige dorpie met die lekkerste snuffelwinkels. Het 'n plaasgevoel ervaar met al die windpompe en kuierplekkies daar."

Clarens

The Gables

"Beerfest weekend is awesome, but appreciating Clarens needs no other distractions."

Clarens

Rooikat Cottage

"Lekkerste restaurante wat ek nog in een dorp beleef het!"

Clarens

Titanic View - Place of Peace

"Pragtige plekkie. "

Clarens

Arundel Studios

"Puik! Onthou dat Clarens ook gebuk gaan onder beurtrag. Dit kan nogal mens se beplanning omvergooi."

Clarens

Leliehoek

"Loved Clarens."

Clarens

Rosewood Corner

"Skoon en netjiese dorp. Baie vriendelike inwoners en winkeleienaars. Pragtige natuurskoon. Sal dit sterk aanbeveel."

Clarens

De Lusthof Guest Farm

"Clarens Extreme is definitely the place to book for outdoor adventure."

Clarens

Accommodation @ The Spa

"Asemrowende uitsigte."

Clarens

Knock Out View

"Eetplekke op 'n Maandagaand almal toe. Baie kunsgalerye om te besoek."

Clarens

Knock Out View

"Pragtige plek, sprokiesmooi, dink net daar kort 'n teater met opvoerings!"

Clarens

Larola Terraces

"Clarens is en bly 'n pragtige plek!"

Clarens

Mont Rouge

"Clarens is 'n baie lekker dorpie. Ons dreig al lankal om daar om te gaan en het dit goed gedink om sommer op pad terug van die see af daar om te gaan. Dit is wel nie 'n plek wat toegerus is vir baie jong kinders nie. Alhoewel ons definitief weer daar 'n draai sal maak, sal ons sonder die kinders gaan. Dis 'n lieflike dorpie en ons het nie naastenby genoeg tyd daar spandeer nie."

Clarens

The Gables

"Kan dalk bietjie meer aandag gee aan winkels wat daaglikse produkte verkoop. Bietjie gesukkel met basiese huishoudelike aankope - veral groete en vrugte en suiwelprodukte."

Blad
Blad 98 - Wys 2911 tot 2940
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang