Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3049 resensies.
"Baie aangename dorpie om te besoek, maar die oorvloed mense was bietjie erg. Kon glad nie plek kry in enige van die beter restaurante in die dorp nie."
"Clarens was nog altyd 'n topklas-destinasie. Solank as wat dit nie verder uitbrei nie, maar net so bly, behoort dit altyd n lekke plek te wees om heen te gaan."
"Vriendelike mense, oulike restaurante, pragtige kuns! Gunsteling naweek-bestemming!"
"Klein plekkie met groot skop. Oor 'n naweek is dit 'n besige plek met baie dinge om te sien."
"Asemrowende plekkie! Dit voel soos 'n ander wêreld as mens daar is. So asof mens nie eers meer in Suid-Afrika is nie. Amazing!"
"Clarens is enig in sy soort, in die mooiste omgewing en altyd baie lekker om 'n blaaskans daar te geniet. Die winkels van Clarens is baie interessant, maar bietjie duur."
"Nie so sprokiesagtig sonder sneeu nie: droog en stil in Junie, maar 0 grade C in oggende!"
"Clarens is wonderlik en daar is veskeidenheid dinge om te sien en doen sowel as heerlike eetplekke. Dit is 'n pragtige wêreld en moet besoek word. Daar is ook baie oulike koffieplekke in die hele omgewing. Probeer gerus Die Bus Stop net buite Clarens op pad na die Golden Gate Natuurreservaat."
"Ons het die dorpie regtig ten volle geniet. Het net nie 'n inligtingskantoor opgemerk nie. Sou dit waardeer het."
"A great weekend get-away destination within 3.5 hours of Joburg, stunning scenery and lots of lovely shops and art galleries to explore."
"Wonderlik, my beursie met al ons kaarte, my lisensie en R2000 kontant buite die pub in Clarens op die stoel laat lê, toe ek dit 'n paar uur later ontdek was ek seker ek het alles verloor ... Nie in Clarens nie, iemand het dit opgetel. Weet ongelukkig nie wie nie, feit is ek het dit terug gekry met al my geld, kaarte nes dit was. Baie dankie vir eerlike mense, ek sal Clarens altyd met 'n "feel good" gevoel onthou."
"We went to Clarens when the autumn colours were at their most stunning. No shortage of restaurants and coffee shops and the town is beautifully maintained and kept very clean."
"Just loved the place. It was our first visit and it certainly lived up to expectations and to the comments I have heard over the years. Like living in a museum. Will most certainly return."
"Dit is die ideale wegbreek vir 'n langnaweek. Daar is baie winkeltjies, restaurante, galerye en is net 'n klipgooi weg van Golden Gate Nasionale Park."