Resensies van Colesberg

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Colesberg bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.91 uit 5 gekry volgens 1219 resensies.
. - 6th March 2017
staying in Colesberg
Die mooiste Kaapse dorpie met baie geskiedenis. Asook die mooiste geboue en baie vriendelike mense.
. - 3rd March 2017
staying in Colesberg
Colesberg is 'n goeie oornagpunt op pad na die Kaap. Hier is nie veel te doen nie, maar die ou huise en kerk is 'n juweel vir die oog.
. - 3rd March 2017
staying in Colesberg
Ken nie die dorpie nie, maar is maar verwaarloos wat ons gesien het (algemene paaie, ens).
. - 1st March 2017
staying in Colesberg
We did not really see much of Colesberg, but what we saw was nice.
. - 27th February 2017
staying in Colesberg
Gaan besoek gerus die eetplekke.
. - 25th February 2017
staying in Colesberg
Pragtige dorpie. Baie besig en heerlik geëet by die Plattelander.
. - 24th February 2017
staying in Colesberg
Baie lekker geëet by Bordeux en Die Plattelander. Spar het alles wat jy nodig het. Die paaie kort dringend aandag. Colesberg is 'n oulike plekkie, net jammer ons het nie meer tyd gehad om na die historiese plekke te gaan nie.
. - 23rd February 2017
staying in Colesberg
Nie veel om te doen nie, maar dit is naby die Wes- en Oos-Kaap geleë.
. - 23rd February 2017
staying in Colesberg
Plattelander Restaurant kan ek aanbeveel!
. - 14th February 2017
staying in Colesberg
Ons het by 2 restaurante aandete geniet en albei is hoogs aan te beveel: JC's Restaurant en "Die Plattelander"
. - 1st February 2017
staying in Colesberg
Pragtige dorp met sy berge, maar meer kan gedoen word om toeriste te lok. Nie veel om te doen in die dorp nie. Die middestad kan meer opgeknap en toeristevriendelik gemaak word.
. - 31st January 2017
staying in Colesberg
One place to dine is "Die Plattelander" situated in Church Street, Colesberg, and can be recommended to anybody. Their service is outstanding, as is the food they serve. Other than that, I have nothing negative to say about Colesberg.
. - 26th January 2017
staying in Colesberg
Mooi en rustige plek. Ons sal beslis weer in Colesberg oorslaap indien nodig. Die Plattelander se diens en kos was uitstekend!
. - 19th January 2017
staying in Colesberg
Caltex garage personnel were very friendly - I even washed my whole car, which started out as a windscreen wash.
. - 19th January 2017
staying in Colesberg
Goeie ligging as halfweghuis tussen Gauteng, Kaapstad en Port Elizabeth.
. - 17th January 2017
staying in Colesberg
Lekker gebly en vriendelike mense.
. - 17th January 2017
staying in Colesberg
Oulike dorpie met die heerlikste lamsvleis en goeie "sout van die aarde"-mense.
. - 16th January 2017
staying in Colesberg
Fantastic, quite and safe place to stay over between your long journey on the road.
. - 12th January 2017
staying in Colesberg
Lieflike plekkie reg in die middel van die Kaap en Johannesburg.
. - 12th January 2017
staying in Colesberg
Ek was geskok om te sien hoe baie gemors, papiere en sakke al om die dorp was. Dit het my vreeslik afgesit.
. - 12th January 2017
staying in Colesberg
Baie mooi dorpie, met die oudhede wat ek nog graag sal wil ondersoek!
. - 11th January 2017
staying in Colesberg
Didn't get an opportunity to visit the towns' attractions due to the short duration of our stay. Nice quaint OLD Town though. We did get to have dinner at the Bordeaux Coffee Shop and Restaurant and had a totally enjoyable meal.
. - 10th January 2017
staying in Colesberg
It''s a good place to stop between JHB and Cape Town.
. - 10th January 2017
staying in Colesberg
Ontsaglike probleem met rommelstrooiing in die dorp. Die Munisipaliteit kan gerus werkgeleenthede skep vir persone wat nét rommel en veral plastieksakke opruim.
. - 10th January 2017
staying in Colesberg
Baie sentraal tussen Gauteng en die Kaap geleë. Hulle kan nog gastehuise beskikbaar stel.
. - 10th January 2017
staying in Colesberg
Ons kan dit aanbeveel om Colesberg per voet te ontdek want alles is so naby. Die strate voel redelik veilig en daar is uitstekende veld-staproetes binne bereik. Daar is ook verskeie eetplekkies en ons kan die pizza aanbeveel by Horse & Mill Pub and Guesthouse.
. - 10th January 2017
staying in Colesberg
Die Plattelander - beslis 'n plek waar jy moet gaan eet. Die skaapstertjies sal maak dat jy jou vingers afeet. Die dorp se strate is net baie vuil wat 'n jammerte is, maar aan gasvryheid en lekker eet is daar nie 'n tekort nie.
. - 10th January 2017
staying in Colesberg
100% lekker geleë presies halfpad op N1 tussen Johannesburg en Kaapstad. Ek sal weer hier oorslaap!
. - 9th January 2017
staying in Colesberg
Ons was aangenaam verras toe ons deur Colesberg gestap en die dorpie leer ken het. Mens is geneig om net deur te ry en nie tyd te spandeer nie. Colesberg is definitief die moeite werd om by aan te doen.
. - 9th January 2017
staying in Colesberg
'n Pragtige plek met hartlike mense en mens voel veilig.
. - 9th January 2017
staying in Colesberg
Goed genoeg vir oorslaap halfpad Kaap toe.
. - 8th January 2017
staying in Colesberg
Baie geskiedkundig. Mooi kerk.
. - 7th January 2017
staying in Colesberg
Pragtige omgewing en goed geleë vir oornag op pad na Kaapstad.
. - 7th January 2017
staying in Colesberg
Pragtige dorpie. Het heerlik geëet by die Plattelander Restaurant. Wens ons kon langer vertoef.
. - 6th January 2017
staying in Colesberg
Slegs goed vir 'n oorslaap op pad na 'n beter bestemming.
. - 6th January 2017
staying in Colesberg
'n Pragtige dorp met heelwat om te doen en sien. Baie veilig en hulle sal my weer sien.
. - 6th January 2017
staying in Colesberg
Hou julle naam so hoog. Dit was n plesier gewees om daar te oornag. Colesberg is 'n klein plekkie met warm harte.
. - 5th January 2017
staying in Colesberg
Gerieflik halfpad na enige bestemming aan die Kaapse kuslyn.
. - 5th January 2017
staying in Colesberg
Julle harte is van goud - doen so voort.
. - 5th January 2017
staying in Colesberg
Baie skoon dorpie met vriendelike mense.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]