Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.3 out of 5 based on 581 reviews.
"We drove around the park for a total of around 8 hours over the course of the weekend but didn't see much game. Beautiful girraffe and buck but none of the Big 5. We saw 4 black back jackals early in the morning which was nice, but the game viewing itself was a little disappointing, but was absolutely the luck of the draw and had nothing to do with the quality of the accommodation."
"Dit was my eerste en sal vir seker weer kom kuier, dit is so naby aan Pretoria en ek is so jammer ek het nie jare gelede al die juweel ontdek nie. Een van die beste wat ek nog besoek het. "
"Daar moet 'n bord opgesit word met kaart en waar die groot 5 te sien is vir die dag of week."
"Die grondpad het ongelukkig vir ons 'n gekraakte windskerm en skade aan karavaan besorg. Dit is egter nie Dinokeng se skuld nie."
"Hou van die opsie om of te "self drive" of gebruik te maak van "game drives" binne Dinokeng en die groot verskeidenheid wild te sien."
"Die wildritte is great, en ons het baie diere gesien. Maar dis moeiliker om iets te sien as jy op jou eie ry. Die bewaringsfooie, permitte en wildritte kan alles optel tot baie ekstra geld, veral as jy ’n groep mense is."
"Baie van die selfry-roetes wat nie gemerk is as 4x4 nie, kort aandag. Dis nie so begaanbaar soos hulle voor gee nie"
"Dinokeng Wildreservaat is altyd skoon en netjies en jy sal vir seker tuis voel in die bos."
"Dit het soveel meer potensieel as daar nie net vir die buitelanders omgesien word nie. Dit is finansieel uitbytend teenoor die "locals"."
"Dis 'n openbaring om 'n Groot 5-reservaat binne 30 minute se ry te ervaar."
"Ons is mal oor Dinokeng en besoek die wildreservaat gereeld. Dis gerieflik naby aan JHB en bied 'n wye verskeidenheid verblyfopsies en restaurante. Selfry-roetes bied goeie wildkyk-geleenthede en piekniekplekke is baie netjies. Meeste lodges bied ook wildritte aan en daar is selfs 'n microlight-vlug opsie."
"Self-drive mostly doable with a sedan vehicle with only a few difficult/uneven patches. Will come in our SUV/higher clearance vehicle next time. Plenty of restaurants to choose from in Dinokeng."
"Lekker naby Pretoria. Van die grondpaaie is werklik swak en kort n skraap. Verder 'n lekker vinnige wegbreek vir 'n naweek."
"One word of warning - after the recent heavy rains, many of the roads require a vehicle with high ground clearance."
"Mens kan duidelik Sien Dinokeng gaan oor 10 jaar 'n baie spesiale plek wees in SA en ek sal nie verbaas wees as mense liewer Dinokeng toe sal wil gaan in pleks van die Krugerwildtuin nie. Dit is perfek geleë buite Pretoria en die wild was gesond. Ons het wel nie al die Groot 5 gesien nie, maar om te dink 'n mens ry ure Krugerwildtuin toe en partykeer sien mens amper niks nie. Dinkong het al ons behoeftes voltooi en dit maak dit die perfekte wildtuin om na toe te gaan."