Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Gauteng

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5212 resensies.

Pretoria, Gauteng

Mercia Guest House

"PTA is vir besigheid goed, en vir besienswaardighede!"

Pretoria, Gauteng

Pilgrims Delight B&B

"Baie dinge om te doen."

Johannesburg, Gauteng

Jentina's Guest House

"There is so much to do and see. Loadshedding just makes traffic much worse."

Johannesburg, Gauteng

Heaven at Fountain Street Guest House

"Vibrant city with lots to do and see."

Pretoria, Gauteng

BietjiePlaas

"Lekker mense, lekker winkels en voortreflike kos."

Pretoria, Gauteng

7 @ Brainline

"As jy hou van die stad, besoek gerus Pretoria."

Pretoria, Gauteng

Cottage Guesthouse

"Ek woon in Pretoria, hier is baie om te doen, asook vriendelike mense oral waar jy gaan."

Johannesburg, Gauteng

328 on Cork

"We are from Johannesburg and needed a quiet, tranquil place for a retreat and this accommodation was ideal for our group. Shops, shopping centers and restaurants are a minute drive away."

Pretoria, Gauteng

Grace Accommodation

"Kan Pretoria aanbeveel vir toerisme."

Pretoria, Gauteng

Green Whisper Cottage

"Beste restaurante/ pubs/ vibes en almal is vriendelik en lekker mense. Restaurante wat ons gunsteling was: Die Land, @ the Beach Bar, SowaarBar, Padstal en die Boerkombuis. Almal in 'n 10 km radius vanaf die Green Whisper. Dankie Pretoria vir al die braaibroodjies op julle menus! "

Pretoria, Gauteng

7 @ Brainline

"Baie om te sien en te doen."

Johannesburg, Gauteng

Villa Simonne

"We enjoyed an amazing dinner at Sejour, Houghton Hotel."

Meyerton, Gauteng

The Angel River Villa

"Soos enige ander plekke op die platteland gaan Meyerton ook maar agteruit, maar darem nie so sleg soos ander plekke nie."

Johannesburg, Gauteng

Natural Getaways

"Ek kom gereeld in die area vir besigheid en plesier. Die laaste paar jaar is dit asof die plekke net vuiler en gevaarliker word. Ek was geskok toe ek in Desember iemand op Parkstasie moes gaan haal. Die mooie stasie is in flarde, die naam hang in stukke, die fonteine werk nie, die parkering is vuil en vol rommel (al moes ons R120 betaal vir slegs 15 min se parkering). Die fontein is groen en werk nie. Baie winkels binne is leeg. Toilette werk nie. Dit is wat oor is van die mooie stasie van 25 jaar terug toe ek laas daar was. In teenstelling met die stasie kom jy by plekke soos Midstream en alles is skoon, paaie het geen slaggate nie en is netjies, en alles werk. Personeel hulpvaardig."

Dinokeng, Gauteng

Mangwa Valley Game Lodge & Spa

"So naby aan Pretoria, maar tog voel dit of 'n mens in die hartjie van die Bosveld is."

Pretoria, Gauteng

Die Plaashuis

"Baie om te doen."

Pretoria, Gauteng

Love, Joy and Peace Cottage

"Verkeer 'n nagmerrie, veral met loadshedding en robotte wat nie werk nie."

Pretoria, Gauteng

Unionview Guest house

"Ek bly maar eerder 'n plaasjapie as 'n stadsmeisie."

Johannesburg, Gauteng

Castle Lodge

"Nie meer my gunstelingstad nie. Eerder Kaapstad."

Gauteng

Rocky Hill Guest Farm

"Ek is nie mal oor die stad nie. Sal nie daar vakansie hou of oorbly as dit nie absoluut noodsaaklik is nie."

Pretoria, Gauteng

Alongside 594

"Groot verskeidenheid opsies."

Cullinan, Gauteng

Gastehys JanHarmsgat

"Mooi dorpie. Interessante geskiedenis. Baie restaurante, maar min se webtuistes was op datum en party restaurante het nie eers meer bestaan nie."

Pretoria, Gauteng

1202 on Cowgill Guest Room

"Padnetwerk in 'n swak toestand met slaggate wat motor kan beskadig."

Pretoria, Gauteng

Vintage on Main

"Daar is baie goedjies wat jy kan gaan doen in Pretoria. "

Pretoria, Gauteng

Menlyn Apartments

"Soos in die res van die land het Pretoria heelwat vervalle voorgekom en die elektriese kragkrisis het daartoe bygedra dat besigheid nie soos voorheen glad kon verloop nie. Hier moet spesifiek verwys word na die poskantore wat totaal disfuksioneel is."

Johannesburg, Gauteng

Pam's Place SA

"The weather was perfect for the weekend."

Blad
Blad 16 - Wys 451 tot 480