Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1349 reviews.
"Die dorp het grotendeels verval. The White House behou egter die finesse waarvoor die dorp beroemd geword het. Maar daaromheen sal die gemeenskap moet begin opruim en op datum kom."
"Found the town charming, but the vagrants and empty liquor bottles at the WW1 and WW2 memorial were disgusting!"
"Histories is Graaff-Reinet een van die topbestemmings om te besoek. Ons het nie net oorgeslaap nie, maar 'n nag ekstra gebly sodat ons 'n paar museums ook kon besoek, wat definitief die moeite werd was."
"Graaff-Reinet het iets te bied vir elke persoon. Bo en behalwe die netheid van die dorp wat ek opgeval het, is die wyse waarop inwoners poog om ou geboue in stand te hou en so die geskiedenis en karakter van die dorp te koester en te bewaar. Die Moederkerk aan die bo-punt van die hoofstraat is asemrowend, maar mens mis iets van die karakter indien jy nie stilhou en die kerk van binne gaan besigtig nie. Dan is daar die Vallei van Verlatenheid - 'n moet sien vir elke natuur liefhebber. Ten minste een volle dag is nodig om Graaff-Reinet behoorlik te verken. "
"Die "Valley of Desolation" is net 'n kort ent uit die dorp en heeltemal die moeite werd vir 'n sonsondergang uitstappie."
"Graaff-Reinet is just one of those magical places that is so worth a visit!"
"Pragtige, historiese dorpie, maar die hoofstraat was ongelukkig vol rommel, wat toeriste kan afsit. Lekker Maria's koffie!"
"Daar is oral hoe drade en kameras, nie geweet daar is probleem in so 'n klein dorpie nie. Baie dwelm gebruikers orals in die parke en openbare areas."
"Die dorp wat 'n wonderlike kombinasie bied tussen geskiedenis, natuur, argitektuur, eet-ervarings, plattelandse gasvryheid en vista's. Mens ry nie net deur Graaff-Reinet nie, jy bly oor!"
"Dorpie met baie interessante plekke om te besoek - baie geskiedenis en onverwagte mooi natuurskoon."
"Die hoeveelheid rommel in die strate is kommerwekkend. Ons het Graaff-Reinet nog nooit so vuil gesien nie."
"'n Paar aangename plekke om te besoek, veral die Vallei van Verlatenheid. Baie warm, so maak seker jou verblyf plek het 'n swembad."
"Baie historiese plekke in en om Graaff-Reinet. Dit is immers die vierde oudste dorp in Suid-Afrika. Sal definitief weer daar oornag en beslis oorweeg om dalk 'n dag langer te bly."