Geverifieerde Resensie
Greyton
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Greyton bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 359 resensies.
"Greyton is 'n baie oulike klein dorpie met wonderlike oulike klein plekkies. Sal aanbeveel om die markie se pasteie en vars gebakte broode te probeer. Die magiese groot blou berge is iets om te besigtig, veral in winter mag jy dalk sneeu raaksien."
"Die rustigheid self. Restaurante puik, mense vriendelik en die berge teen jou. Sal in die lente en somer die staproetes meer wil verken."
"Websites are outdated and some of the places don't exist anymore."
"Greyton is 'n bestemming wat jy eenvoudig moet kom geniet. Die skoonheid van die natuur en karakter van die dorp is besonders!"
"Ons besoek Greyton al vir meer as 40 jaar. Wegkom van die gejaagde stadslewe!"
"Daar is 'n paar baie oulike restaurante en winkels in die dorp. Van die meer "local" plekke, soos Old Potter's Inn en The Central, was super bekostigbaar en baie lekker om by te kuier. Ek was nie so ge-wow deur die ander restaurante waar ons geëet het nie. Van die plekke (waar ons op resensie-aanbeveling gaan eet het) was nogals duur en die kos was vir ons groep bietjie "underwhelming". Baie oulik dat die perde die dorp vol stap."
"Beautiful and quaint historical town with lovely little shops and great restaurants. A real feeling of country living with roaming horses and a lively farmers' market. Somehow the Ok Mini Mark had all we needed as well as the best lamb chops & banana bread. The nature reserve offers stunning walks & hikes - so many waterfalls! Very helpful tourism office and friendly locals. Although we were warned about petty theft, we did not experience any threats to safety."