Geverifieerde Resensie
Hanover
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hanover bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 155 resensies.
"Nee veel te doen in Hanover nie, maar mooi uitsigte as jy die koppie uitklim."
"Hanover is an ideal mid-way stop on the Johannesburg to Cape Town route. Hanover town itself is not a great place to stay, but Brandwag B&B is just outside of the town and in a beautiful, peaceful setting. "
"Ek het net een keer in 'n gastehuis oorgeslaap wat 'n hoë standaard gehad het. Hanover skep , as 'n dorp, die indruk van 'n redelik armsalige plek met baie armoede. Maar sy ligging tussen die Kaap en Gauteng het sy voordeel wat benut kan word."
"Ek dink Hanover is 'n oulike dorpie en het baie toeriste-potensiaal. Die ingang en uitgang van Hanover moet net mooi skoongemaak en versorg word."
"Hanover het 'n vreemde bekoring. Van die tamaai-kerk tot die krygergrafte. Ek kan die magic voel."
"Die aansig met die plakkerskampe lyk sleg. Ek stel voor julle gradeer die plekke bietjie op."
"Pragtige kerk en 'n hele paar oulike gastehuise en restaurante. Maar die res van die dorp is baie afgeleef en lyk nie baie aangenaam nie. Hoewel daar is wonderlike bestemmings in die omgewing is."
"Die NG-kerkgebou is iets besonders en iets waarvan mens nie sal weet as jy net verby ry op die N1 nie. Ons het dit die perfekte halfpadmerk tussen Kaapstad en Johannesburg gevind, sonder die gewoel wat soortgelyke opsies sou behels. "
"Die dorp is netjies en die strate sonder slaggate. Ongelukkig was my verblyf te kort om volledig oor Hanover as 'n toeristebestemming kommentaar te lewer. "
"Hanover, like many other small towns, is suffering under the yolk of a seriously under-performing ANC municipality. It is sad to see the neglect when the tax paying residents and businesses are valiantly trying to maintain a gem of a destination in the Karoo."
"Ek dink Hanover is 'n ideale oornag dorpie, met pragtige kerkgebou, maar sal nie langer as 'n dag of 2 daar kan vertoef nie."
"Hele paar kinders wat vra vir geld waarookal jy gaan (ons het 'n entjie gaan stap deur die dorp), en locals wat rond staan en niks doen nie laat mens effens onveilig voel, maar geen probleme ervaar nie."
"Maak net seker dat dit wat jy sien met die gastehuise is wat jy gaan kry dorpie self ware juweel."