Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hartenbos

+8

Beskrywing

As jy al Hartenbos besoek het, sal jy weet hoekom die oord-dorpie een van die gewildstes in die Tuinroete is. Hartenbos bied iets vir elke Jan Rap en sy maat, ongeag of jy van stap, visvang, swem, branderplankry, mini-gholf of lekke slaap hou.

Die gewilde familie-vakansieplek is gelee in die suidkus van die Wes-Kaap tussen Mosselbaai en George. Tydens somervakansies bars Hartenbos uit sy nate uit wanneer vakansiegangers instroom van heinde en verre. Alhoewel Hartenbos deur die loop van die jaar baie toeriste lok, woon talle inwoners permanent hier. Kom sien self wat almal hierheen lok en bespreek sommer nou jou blyplek by een van LekkeSlaap se lekke akkommodasie opsies in Hartenbos.

Die bestaan van die lieflike dorpie spog met 'n lekke storie. Jare gelede, toe die Dutch East India Company die waters geseil het, is Hartenbos as 'n geskenk aan Esaias Meyer gegee as dankbetuiging vir die hulp wat hy aan die bemanning van gestrande skepe verleen het. Esaias het dit "Hart en Bosch" genoem. Jare daarna, in 1936, het die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) dit oorgekoop en in een van hul bekendste oorde omskep. Dis om die rede dat ons vandag nog na Hartenbos as 'n oord verwys.

Hartenbos is 'n lekke wegspringplek om van die area se talle ander besienswaardighede en nabygelee dorpies te besoek. Kinders geniet die waterparke en om op die blou-vlag strande somersdae deur te bring. Vir geskiedenis-boffins is die Hartenbos Musem 'n moet. Gaan loer gerus na ons talle akkommodasie-opsies in Hartenbos, heerlike vakansiepret en herinneringe is net 'n kliek weg.

Kaart

As jy al so ver gekom het, het jy dit duidelik geniet om oor Hartenbos te lees! Hoekom maak jy nie 'n vakansie daarvan nie? Kliek hier om meer akkommodasie–opsies in Hartenbos te sien.
Sien Akkommodasie
Kliek hier om meer akkommodasie–opsies te sien
Kliek hier om terugvoer te gee. Laat weet ons asb. as iets op dié webblad verouderd of onakkuraat is.
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem