Geverifieerde Resensie
Hibiscus Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibiscus Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1478 resensies.
"Die strand was nie regtig beskikbaar nie, maar was te verstane a.g.v. die vloede wat daar was."
"Margate se strand self was toe vir swemmers, en die mense wat gewoonlik sit en goedere verkoop het baie afgeneem, dalk omdat ons buite seisoen daar was, maar Lucia strand was baie nice. Margate se eetplekke was van die beste. The Grove, Papa Rika en Mosambik was die beste."
"Hulle kan gerus meer aandag daaraan gee om die strande meer gereeld skoon te maak. Ons met menigte male stukkende glasbottels opgetel wat uit die see uitspoel. As 'n ouer van 2 klein kinders sien ek dit as 'n groot gevaar."
"Goeie ligging om suidkus te verken. Lagoon se water ruik egter na riool as jy naby waterval kom met trapbootjies. Dit was seker ook rede hoekom swem daarin verbode was."