Geverifieerde Resensie
Hibiscus Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibiscus Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1517 resensies.
"Die plekkie is lekker ruim. Baie netjies en het alles in wat jy sal benodig. Mooi uitsig oor die see en naby alles geleë. Eienaar verskriklik behulpsaam en vriendelik. 'n Naweek wat ons geboek het vir werk in Uvongo, het LekkerSlaap vir ons as 'n wegbreeknaweek ook gesorg. Dankie."
"Dis net jammer dat daar soveel potholes is. Die algemene gevoel onder Gautengers is dat Margate ongelukkig as die "Hillbrow" van die Suidkus gesien word."
"Margate is a cute town to stay in. There are many malls, shops and restaurants. Great fishing charters."
"Die strand was nie regtig beskikbaar nie, maar was te verstane a.g.v. die vloede wat daar was."
"Margate se strand self was toe vir swemmers, en die mense wat gewoonlik sit en goedere verkoop het baie afgeneem, dalk omdat ons buite seisoen daar was, maar Lucia strand was baie nice. Margate se eetplekke was van die beste. The Grove, Papa Rika en Mosambik was die beste."
"Hulle kan gerus meer aandag daaraan gee om die strande meer gereeld skoon te maak. Ons met menigte male stukkende glasbottels opgetel wat uit die see uitspoel. As 'n ouer van 2 klein kinders sien ek dit as 'n groot gevaar."