Verified Reviews
Jeffreys Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jeffreys Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 743 reviews.
"Dis 'n pragtige kusdorp om te besoek en die Kosmandjie en Ninas het heerlike etes, veral visgeregte, vars uit die see."
"Absoluut 'n pragtige plek. Maak net seker in toekoms deur vrae te vra, om regte verblyf te kies. Ek was jare gelede 'n streeksbestuurder vir 'n groot maatskappy, en het Jeffreys altyd my basis gemaak om in daardie gebied te werk. Baie goeie besighede ook in Jeffreys."
"It was great to see police and security companies doing the rounds. Beaches and ablution blocks beautifully clean. Keep it up J-bay!"
"Vriendelike mense! Baie lekker gekuier. Heerlike roomys geëet by die roomysplekkie by die Skulpiemuseum."
"Dis my gunsteling vakansie-bestemming, propvol klein snuffelwinkels en puik eetplekke. Die natuurskoon is pragtig."
"Was net 'n bietjie teleurgesteld dat die supermarkte al 7uur toe gemaak het, want ons het net na 7 die aand ingeklok."
"Eerste keer wat ons in Jeffreys vakansie hou. Dit het vir seker op ons gegroei. Was geskok oor die informele area waardeur mens moet ry om by ons verblyf uit te kom. Dis regtig die enigste negatiewe ding. Ons het probeer om soveel moontlik restaurante te verken, Infood, Walskipper en Kitchen Window was die wenners. Ons is fynproewers met hoë standaarde, maar hulle kos en pryse is uitstekend."
"To be honest, I do not enjoy Jeffreys Bay. My experience is that the locals are very unfriendly and the shops rather pricey, but I will still come back because the beaches are lovely and clean."
"Onst heerlik gekuier by die Mexican restaurant. Hulle cocktail menu is great. Die locally-sourced calamari is uit die boeke uit. Vriendelike gasheer en staf. Viswijf Restaurant het ook heerlike kos bedien en hulle pryse was baie billik."
"Vir jong mense is daar net soveel om te doen in Jeffreysbaai as dit nie in vakansietyd is nie."
"'n Uiteet by die Kos en Vismandjie is 'n absolute moet. Dorp 'n bietjie besig na ons sin."