Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1898 reviews.
"Ons kon nie orals ry a.g.v. die grondpaaie nie. Ons land moet meer begin teerpaaie lê, dis immers 2021. Nie almal besit bakkies/4x4-voertuie nie. Stadsmense hou van die platteland besoek en die paaie is rof op die motors."
"Dink dit is die moeite werd om omgewing te sien. Rond te ry en prag van omgewing te ontdek. Veral Seweweekspoort."
"Hoop dat Prince Albert sy uniekheid en karakter kan behou, ten spyte van meer toeriste. Pragtige dorpie. Nog net nie ’n goeie koffiewinkel gevind nie - sommige koffies is maar flou. Maar by Ta Mala - daar was selfs filterkoffie in huise! Dubbele sterretjie!"
"Wonderlike dorpie met fantastiese restaurante en aktiwiteite om elkeen se smaak te pas. Kom ervaar Karoo-gasvryheid op sy beste!"
"'n Oulike dorpie met gasvrye mense, waar jy stilte, rustigheid en die sterre kan geniet."
"Heerlike stap- en fietsryroetes, ons het ure in die berge rondgestap. Die mense in die dorp was vriendelik en die biltong en kos heerlik!"
"Daar sal altyd spasie wees vir uitbreiding. Die dorpie het opknapping nodig. Ons kon die planetarium besoek, maar teleurstellend met Covid, geen toegang gehad na die SALT-teleskoop nie. Sterland-sentrum vir sterrekyk het 'n onverwagte groot getal mense gehad vir 'n Maandagaand. Om en by 50. Dit was insiggewend."
"Besigtiging van die hemelruim was fantasties, maar die dorp self kan aantrekliker gemaak word vir toeriste."
"Benodig nog 'n kruideniersware-handelaar om pryse te stimuleer, Spar is uiters duur."
"Die sterrrekyk by planetarium was die moeite werd. Aanbieding was uitstekend."
"Prince Albert is an unexpected oasis of charm and culture that evokes the best features of a bygone era."
"Quality food at Die Meule restaurant & star gazing at Sterland was educational, fun & amazing."
"Die dorpie is pragtig skoon met voldoende winkels. Die ou huisies is pragtig in stand gehou en ons het dit geniet om daarna te kyk. Die Swartbergpas en Meiringspoort is byderhand om die natuur te geniet! Ons is voëlkykers en was nie teleurgesteld met die verskeidenheid nie. Ons het Prins Albert tevore besoek en sal dit weer doen!"
"Moeilik om regverdige kommentaar te lewer. Ons was veels te kort daar. Moes ten minste nog 'n nag of twee oorgebly het. Die tyd was nie reg vir 'n besigtigingstoer nie en die teater was ook nie oop nie. Die persoon wat spookstories vertel was met vakansie. Sal graag weer wil gaan en hoop om meer te kan doen."