Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1882 resensies.
"Baie lekker wyn by Soetkelkers, heerlike cappuccino by die hotel en 'n baie skoon dorpie. Ons derde besoek aan Prins Albert en sal dit weer doen."
"Juweel van die Karoo! Fantastiese wyse om die nostalgie van die platteland te beleef."
Prince Albert Road, Kaap Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Prins Albert is 'n pragtige dorpie met allerlei interessanthede. Ons het te min tyd gehad om dit te voet te verken, en het net hier en daar ingeloer. Die Swartbergpas is 'n moet - mits jy nie haastig is of aan hoogtevrees ly nie. "
"Pragtige plek, gaan volgende keer eers 'n paar dae daar oorbly voor ons verder gaan Kaap toe. "
"Prins Albert is 'n pragtige dorpie en almal behoort dit te besoek. Ek sal weer gaan maar seker maak dit is oor 'n naweek wanneer daar 'n goeie produksie by die pragtige teater is."
"'n Pragtige dorp met die mooiste ou huise. Die restaurant wat ons besoek het, het die lekkerste appeltert en roomys gehad en die diens was vriendelik. Ons het deur Seweweekspoort teruggery en alhoewel dit amper deur 'n veldbrand verwoes was, herstel dit goed en gaan dit oor 'n paar jaar weer een van die mooiste natuurwonders van ons land wees."
"Absoluut die moeite werd om te besoek. Heerlike restaurante, wynplase, olyfplase ... 'n juweeltjie in die Groot Karoo!"
"Ladismith is 'n vriendelike dorp, 'n goeie voorbeeld van eg Suid-Afrikaanse gasvryheid."
"Dis 'n absolute wonderlike plattelandse dorpie en beslis net die regte medisyne vir 'n uitgeputte stadsiel. Ek gaan beslis in die toekoms ten miste een keer per jaar in Prins Albert gaan uitspan. "
"Ons het vreeslik lekker gekuier in die mooi dorpie, mooie winkels en 'n baie oulike bush pub wat in 'n baie mooi omgewing geleë is op 'n plaas met net sulke vriendelike eienaars."
"Prins Albert is 'n ongelooflike mooi plek en skoon. So baie om te sien en doen. "
"Quaint, old charming Karoo town, with lots of history and beautifully restored homes and buildings. The theatre is great, we did attend a show, which we thoroughly enjoyed. We so enjoyed the wild flowers in the surrounding countryside. Spring is everywhere! "
"Prins Albert is 'n pragtige skoon dorp met mooi natuurskoon en het veral genoeg goeie eetplekke. Beslis 'n besoek werd."