Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1910 resensies.
"Prins Albert is 'n juweel in die Karoo. Die dorp is skoon, die mense vriendelik en behulpsaam. Een van die pluspunte vir ons was die feit dat die winkels in die hoofstraat aansluit by die boustyl van die dorp, geen helder geverfde geboue om winkelname te adverteer nie!"
"Prins Albert is 'n wonderlike klein dorpie met die egte Karoo gevoel. Baie lekker wegkomkans!"
"Ons was werklik verras met Prins Albert. Dit is die mooiste dorpie ek wens elke dorpie in ons land kon so lyk."
"Ons het ons besoek aan die dorpie baie geniet. My vrou het Sondag siek geword. Geen probleem om 'n dokter te vind nie. Hy het dan ook die apteker gevra om die voorskrif vir ons voor te berei. Wat meer wil jy hê? 'n Rit teen Swartbergpas uit is natuurlik 'n moet."
"Bly 'n dag langer as wat jy beplan, op Prins Albert is meer om te doen as wat jy dink. "
"Almal is so gasvry en baie besondere ontdekkings kan op die dorp gemaak word: kuns, kos, wyn, mark en vele meer. Waar sal jy nog 'n dorp met sy eie app (toepassing) kry."
"The restuarants are wonderful. Peaceful atmosphere. The dairy is well worth a visit and their cheeses good. 'John Donkey's' trip to Die Hel was well worth it although I suggest that travelers with him take their own picnic for lunch. "
"Het nooit geweet in so 'n klein dorpie is daar so baie om te sien nie en 2 dae is net te kort, sal definitief weer kom besoek."
"Pragtige dorpie vol interessanthede en uitstekende restaurante. Besoekers moet ten minste twee nagte oorbly. En moenie die Swartbergpas oorslaan nie. Dis pragtig en moenie dat die smal grondpad jou afsit nie."
"Oulike dorpie, paaie bietjie aandag nodig in die dorp, maar mense vriendelik."
"Prins Albert was nog altyd op my lys van plekke om te besoek en ek is nie teleurgestel nie. Die dorp is netjies en dit het my dadelik opgeval. Julle berge is asemrowend en die wyn baie lekker. Ons het Fernskloof besoek en lekker gesels met die eienaar en wynmaker. Ook die feit dat mens daar veilig voel was 'n groot pluspunt, veral vir ons stedelinge."
"Gay's Guernsey Dairy is definitely worth a visit, excellent cheeses. Plenty restaurants to choose from within reasonable price ranges. "
"Wat 'n veilige en rustige bestemming met die oulikste en heerlikste snuffel- en kuierplekkies. 'n Moet om te besoek."
"Pragtige dorpie! Vermy die Swartbergpas - dis 'n nou grondpadpaadjie oor die berg! Tensy jy senuwees van staal het! Baie mooi uitsig van daarbo af!"
"Ons is motorfietsryers en Prince Albert is 'n ideale basis om die omgewing te verken."