Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 3721 reviews.
"Brandwacht self is 'n woonbuurt van Stellenbosch. Dit is 'n goeie toeristebestemming vir die omgewing."
"Die skoonste dorp wat ek nog in my lewe gesien het en al die mense is so hulpvaardig en vriendelik."
"Ons het ons eie wyntoer deur die omgewing gehou, oral wyn geproe en aangekoop by die wynkelders, heerlike Chardonnay en Sauvignon Blanc ontdek, ons het oral vriendelike diens en gasvrye mense ervaar, Robertson het pragtige, groen tuine by hul toeriste-bestemmings, en oral is 'n heerlike ontspanne en gesellige atmosfeer!"
"Baie om te eet, maar min om te doen tensy mens verder ry. Alles maak te vroeg toe. "
"Dit sal lekker wees om 'n swemplek naby te hê vir die warm somermaande. "
"A quaint place to rest if travelling long distance. Lots of places to explore and visit if you have the time. Sufficient information about things to do and historical places and spaces to explore. Beautiful scenery and friendly people. "
"Pragtige, netjiese geskiedkundige dorpie, goeie wyne beskikbaar, rustige atmosfeer."
"Daar is soveel interessante, uiteenlopende plekke om te besoek. Ook maklik bereikbaar."
"Ek en my vrou is baie lief vir Robertson en wou graag daar gaan aftree. Pragtige dorp."
"Charmaine het ook vir ons verduidelik waar om inkopies te doen en die dorp lyk mooi en skoon en die winkel is ook goed."
"Robertson is 'n mooi dorp met verskriklik baie om te doen. Daar is baie wynplase in die omgewing om te besoek."
"Dit is baie besig en mense ry soos mal goed. Besigheidsbesoek is okay, vakansie, nee wat."
"Worcester is seker die skoonste dorp wat ek al ooit besoek het. Mense is besonders vriendelik en gasvry. Ek het my hart daar verloor en sal more trek as ek kan."
"Heerlik by die markie rondgeloop, 'n bier-proe gedoen, die droë vrugte winkel besoek, muskadel daar geproe en die aand by Mimosa Inn gaan "fine dine"."