Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3635 resensies.
"Gaan besoek die Birds Paradise. Robertson en al die dorpies en wynplase bied so baie. Onmoontlik om verveeld te raak."
"2 dae in omgewing was verseker te min, daar is soveel te doen, sien en te ontdek. Lieflike omgewing, gaan verseker weer."
"Die dorpie is lieflik, maar kan gerus meer winkeltjies kry waar jy dinge kan kry eg aan McGregor."
"Dié dorpie bied genoeg om toeriste te vermaak en dit is ook na aan verskeie ander toeristebestemmings."
"I love Worcester, the old historic buildings is amazing and the distance to the mall worked for us."
"'n Pragtige plek om net weg te breek met al die besienswaardighede. Robertson is ook goed geleë t.o.v die afstand na ander naburige dorpies soos bv Montagu. Die wêreld is verskriklik mooi en al die wynplase en mooi toegeruste eetplekke en padstalle is n bonus. "
"As Bolandse dorp is Wellington die middelpunt, om die res van die Bolandse dorpe te verken! Onvergeetbare ervaring!"
"Dit is die mooiste dorp tussen die wynlande. Baie lekker om net te ontspan of 'n dag of twee te oornag wanneer jy die lang pad Kaap toe aandurf."
"Small town but lovely to visit. Boubourn Street and four cousins certainly exceed expectations."
"Klapmuts is lekker sentraal geleë, maar is ver genoeg van die stad af dat n mens weg is van die geraas en gejaag. "
"Daar is 'n uitstekende mikro-bierbrouery, "Bergrivier", wat ek altyd graag besoek. Die Paarl raak net baie besig en die Mall pas net glad nie in nie, maar ek vermy dit maar net. Die Taalmonument is altyd 'n plesier om te besoek en ek beveel dit sterk vir almal aan."
"Klapmuts is huis vir 'n hele klompie top wynplase, pragtig."
"Dit was vir ons baie stil, met min restaurante oop. Gholf was lekker en pragtige streek en dorp."
"Montagu is 'n pragtige dorpie met baie om te sien en oulike winkels, veral die padstal waar die dorp begin, is 'n wenner."
"Pragtige omgewing binne bereik van allerlei toeriste aantreklikhede."
"Pragtige omgewing tussen berge. Die trekkerrit en potjiekos op Proteaplaas is 'n heerlike uitstappie, en met natuurlike warmbronne en grotte is daar definitief heelwat lekker dinge om te doen!"
"Ons het gehou van die feit dat ons op die aangrensende wingerde en weiende beeste kon uitkyk en die rustigheid van die omgewing was heerlik. Tog is die buurt nie baie gunstig tov die sentrale dorpskern geleë nie, en alhoewel dit nie ver daarvandaan is nie, was dit nie die ideaal nie. "