Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1921 reviews.
"Keimoes is one of our favourite towns. It has a logical layout and everything is well-marked, so no wondering in which direction to travel."
"Dis lieflik geleë langs die Oranjerivier en met die wynverbouing in die omgewing is dit 'n heerlike bederf! Mal oor Upington!"
"As jy moeg is vir die uitdagings en druk van die stad, is die Kalahari net die plek om weer tot verhaal te kom!"
"Al die moderne geriewe is in Upington. Sonskerm, hoed en ordenlike sonbrille as jy nie son en hitte gewoond is nie."
"By die Augrabies watervalle was alles net so skoon en netjies die natuurskoon was fantasties en vir 'n Suid-Afrikaner baie bekostigbare ingangsfooi."
"Ondersteun die Karoo! Dit is 'n wonderlike rykdom wat ons onsself moet aan blootstel!"
"Ons het 'n heerlike bootreis op Sakkie se Arkie gehad op die rivier en natuurlik is 'n wynproesessie by Orange Rivers Cellars hoogs aan te beveel. Upington se museum is nog in goeie toestand and daar is heelwat heerlike restaurante om van te kies."
"Baie goed geleë langs die pragtige oranjerivier. Maak gerus 'n draai by die De Nachtuilen Guesthouse se koffieshop. Heerlike koffie en ontbyt. Die varsgebak het ook fantasties gelyk."
"Gee die besoeker 'n goeie gevoel van "ver in die ou Kalahari met eindlose vlaktes". Besoekers kan op wildsbesigtigingsritte gaan, en ook uitkamp om nog nader aan die natuur te wees."
"Wens dit was nader aan ons dorpie. Sou elke naweek gery het tot daar."
"Die dorp is redelik netjies. Soos reeds genoem het ons oorgeslaap op pad huistoe. Ons geniet die plattelandse atmosfeer van die klein dorpies. As ons meer besoek stel dit hul in staat om voort te gaan. Covid het die klein plekke se ekonomie hard getref."
"Sterre en stilte, net die naguiltjies se roep en jakkalse se tjank. Hemels!"
"Kathu is 'n mooi dorp. Tuine is pragtig. Het dit geniet om almal se tuine te kyk."