Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1921 resensies.
"Die Kalahari is nie vir almal nie, maar vir dié wat landskap, stilte, sterre, skerpioene, meerkatte en die klein dingetjies waardeer, is dit 'n asemrowende ervaring elke keer!"
"Keimoes was slegs vir ons 'n oornagstop, maar die omwings is wonderskoon en sal dit graag met 'n volgende geleentheid ervaar."
"Baie netjiese en skoon verblyf. Baie naby aan die Valle. Sou meer aangenaam gewees het as daar ’n swembad was en meer apparate vir kinders om te speel."
"Upington is een van die Noord-Kaap se juwele. Skoon, netjies, veilig. Dis 'n pragtige dorp met vriendelike en behulpsame mense en 'n rustige atmosfeer. Vir seker 'n móét op jou besoek of reis deur die Noord-Kaap!"
"Baie interessante omgewing met 'n verskeidenheid van toerisme aantreklikhede."
"Kalahari se stilte is medisyne vir jou siel. Hier maak mens kop skoon en die liefde, omgee en hartlikheid van die mense bly jou by."
"Pragtige vistas en voëls in 'n droë klimaat wat sal aanklank vind met natuurliefhebbers."
"Meer 'n besigheidsbestemming. Daar is egter goeie restaurante en 'n winkelsentrum sou jy belangstel. Die dorp is skoon en netjies."
"Ek beplan om binnekort weer so draai te gaan ry. Ek beveel enige persoon aan om deur die Kalahari te toer. Moet nie haastig wees nie, geniet die anderse natuur wat jy nie elke dag sien nie. Ek glo met my volgende besoek sal dit nog rustiger wees en sal ek langer by plekke wil oorbly sonder voertuigbreke."
"Oulike dorpie vir oornag op pad Weskus toe of Windhoek toe. Voel veiliger daar as in Kuruman."
"Die Augrabies Falls National Park fasiliteite is top-notch en die valle self is asemrowend!"