Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1929 resensies.
"Ons het 'n heerlike bootreis op Sakkie se Arkie gehad op die rivier en natuurlik is 'n wynproesessie by Orange Rivers Cellars hoogs aan te beveel. Upington se museum is nog in goeie toestand and daar is heelwat heerlike restaurante om van te kies."
"Baie goed geleë langs die pragtige oranjerivier. Maak gerus 'n draai by die De Nachtuilen Guesthouse se koffieshop. Heerlike koffie en ontbyt. Die varsgebak het ook fantasties gelyk."
"Gee die besoeker 'n goeie gevoel van "ver in die ou Kalahari met eindlose vlaktes". Besoekers kan op wildsbesigtigingsritte gaan, en ook uitkamp om nog nader aan die natuur te wees."
"Wens dit was nader aan ons dorpie. Sou elke naweek gery het tot daar."
"Sterre en stilte, net die naguiltjies se roep en jakkalse se tjank. Hemels!"
"Kathu is 'n mooi dorp. Tuine is pragtig. Het dit geniet om almal se tuine te kyk."
"My bag was stolen out of my car boot, so obviously criminals are watching and one has to be careful. Also roads are extremely bad and the whole town is very dirty. If not for business I would not travel there."
"Die omgewing is n lafenis vir jou siel. Soveel teenstellings in die natuur dat jy nie anders kan om die grootheid van God te sien nie."
"'n Moet vir natuurliefhebbers. Die detail is in die natuur se klein dingetjies en die ongelooflike vistas. Neem jou tyd en moenie haas nie."
"Dit wat ons gesien het was goed. Lekker restaurante. Die weer was fantasties."
"Upington is 'n groot, mooi dorp. Ons was teleurgesteld met die museum (by The Red Ox) - dit was 'n weeksdag in besigheidsure, maar die museum was toe sonder enige kennisgewing. Personeel se voertuig buite die museum, maar geen diens hoegenaamd. Ek dink dis baie swak en iets waarop verbeter kan word."