Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1921 reviews.
"Augrabies is wonderlik en ek kan Augrabies Falls Hotel aanbeveel, vriendelike personeel en heerlike kos - hulle het nie ons situasie uitgebuit nie en het ons vriendelik bygestaan!"
"Bemarking van ontspanningsaktiwiteite, indien beskikbaar in onmiddellike omgewing, of voorsiening daarvan sal Augrabies 'n beter toerismebestemmingvir gesinne maak aangesien die waterval beperkte besienswaardigheidswaarde of ontspanningswaarde het en besoekers dus nie genoeg redes gee om langer as 1 of 2 nagte oor te bly nie. "
"Kamamas was waarlik 'n verrassing vir ons gewees. Ongelukkig was van die kelders toe gewees, maar steeds is daar heelwat te doen en te sien. Augrabiese watervalle is 'n moet, en die personeel van Die Mas van Kakamas Kelders het ons op die hande gedra!"
"Vir my is Keimoes 'n rustige bestemming en die middelpunt van verskeie besoeke in alle rigtings."
"Almal moet ten minste een keer in hul lewe deur die Noord-Kaap toer. Ek sal nou nie vir 'n week in Upington gaan kuier as ek nie familie daar het nie, maar daar is genoeg om te sien om darem 'n dag of wat in die omgewing te regverdig. "
"Dit was 'n heerlike ervaring om so tussen die groenigheid te ry. Dis baie beslis 'n besoek werd."
"Ek hoop om binnekort Kathu en sy mense weer te besoek. Hopelik die keer vir ontspanning en nie vir werk nie."
"What a lovely Airport! For a family that lives in Namaqualand, I will no longer be flying to Cape Town, from now on we will fly through the Upington Airport! What a beautiful town, filled with such exceptional people!"
"Blydeville is slegs 'n uitbreiding van Upington. Kan lekker wynproe in Upington en op die rivier ry met 'n bootrit wat vooraf bespreek word."
"Kuruman se mense is baie gaaf en gasvry, maar wees bedag op misdadigers! Veral grypdiewe by vulstasies - ons het self deurgeloop en deel van die statistieke geword. "
"Vanwege de droogte weinig water in de rivier. Jammer. Verder genoten in het park."