Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11278 reviews.
"Privaat ontwikkelaar moet toegelaat word om Gariep te ontwikkel in 'n wêreldklas-oord."
"Ons was daar toe die dam vol was. Wat 'n asemrowende belewenis. Tjialatyd Restaurant het ook lekker kos bedien. Die Noord-Kaap/Suid-Vrystaat hou 'n bekoring en skoonheid in wat mens se siel goed doen."
"Vriendelike warm mense. 'n Plek om te ontspan in die heerlike Karoo weer eerder as om dinge te hê om te doen en te sien."
"Dink hulle kan beter doen vir toeriste. Moet bietjie gaan kers opsteek by ander provinsies se gastehuise."
"Die dorp is mooi skoon en daar is lekker restaurante. Daar is ook heelwat te sien in die omgewing, o.a. die Gariepdam."
"Quaint, clean little town with two places to eat. Friendly people. Loved this place."
"Merweville is die tipe Karoo-dorpie wat in mens se hart kruip. As jy stilte en rustigheid soek hier het die tyd nog bietjie stil gestaan. 'n Plekkie met hartsmense, 'n plekkie wat meer verdien om besoek te word."
"An interesting place to visit and to travel up the Swartberg Pass from Prince Albert. "
"Oulike dorpie met baie vriendelike mense. Hoop om volgende keer bietjie langer te bly en dorpie te verken."
"Interessante, rustige dorpie. Paaie in dorp kort beslis aandag. Word sterk aanbeveel vir die wat hart en siel wil herlaai. Dorp sal baat vind met apteek of kliniek vir noodgevalle."