Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11336 reviews.
"Die vallei van verlatenheid moet vir seker besoek word. Die "Windmill Junction" is ook 'n moet om besoek te word. Hulle bedien die heerlikste koffie en het 'n pragtige restaurant en winkel."
"Daar is baie om te sien en ek dink mense behoort die plattelandse dorpies te besoek."
"Alles was ongelukkig reeds toe met ons aankoms, maar ons kon deur die dorp stap. Baie skoon."
"Die Gariepdam is na al die heerlike reëns besig om oor te loop en is dit die moeite werd om te aanskou."
"Daar is besienswaardighede, maar dit moet bemark word. Inligtingstukke behoort in die kamers van gastehuise beskikbaar te wees."
"Dorpie is mooi skoon. Strate kort so bietjie instandhouding, maar dit is die ideale halfweghuis vir reisigers."
"Die dorp se stemming bring rustigheid en nostalgie mee. Heerlike rusplek op die lang pad tussen die noorde en die suide."
"Colesberg bied heerlike restaurante, vriendelike diens en kos eie aan die streek."
"Nie veel wat in Middelburg gebeur nie en ook nie veel aandete- en ontbyt-opsies in dorp nie. "
"Alles kan in 'n dag gesien en besoek word. Nie 'n plek waar mens langer as een dag sal wil oorbly nie."
"Ons was stomgeslaan oor die besonderse mooi skole! Dis 'n mooi, skoon dorp."