Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Gariepdam is 'n goeie uitspanplek, want dis rustig en ek sal dit enige tyd vir toeriste aanbeveel."
"Die inwoners wat ons gesien het, het nie veel gehoorsaamheid aan die COVID-19-gesondheidsprotokol getoon nie "
"Die dorpie is erg afgerem en verwaarloos. Sal waarskynlik nie weer daar oorslaap nie."
Somerset-Oos (KwaNojoli), Karoo
Bell House Akkommodasie"If you come from a hectic city like Jozi this is the place to be. Peace of mind."
"Ons is mal oor Prince Albert. Een van die beste, mooiste, skoonste dorpies om te besoek in Suid-Afrika."
"Die koffie by die winkeltjie naby die vloedmuseum was nogals 'n wenner."
"Baie mooi, stil en rustige plek vir 'n lekker wegbreek, kuier of tuiste. Almal is so vriendelik!"
"Philipolis bied 'n alternatief vir oornag. 'n Bietjie van 'n draai, maar veilig en interessant. Die straat vol mooi ou huisies vir oornagverblyf en eetplek bied iets anders."
"Daai dorp wat weggesteek moet bly, want daar is iets besonders aan die plek."
"Covid het maar seker 'n vinger in hierdie pie, want daar is aansienlik minder winkeltjies oop en restaurante om van te kies is ook heelwat minder. Maar die dorpie is mooi skoon en natuurlik is die natuurskoon 'n bonus."
"Merweville is 'n hartsplek vir my. Elkeen wat lief is vir die Karoo moet op Merweville gaan oorbly. Woon 'n kerkdiens by in die pragtige kerkgebou. Ry na die uitkykpunt vanwaar mens oor die hele dorp kan sien. Elkeen wat die Boekklub geniet het, moet beslis by Die Boekklub restaurant gaan eet - die kos was uit die boeke."
"Twee Riviere is soos 'n Sleepy Hollow: rustig, pragtige ou klipgeboue, die mense is geweldig vriendelik en verwelkomend. Daar is een versteekte juweel op die dorp, en jammer Ruben, ek weet ek mag julle nie "promote" nie: Die Belfry Restaurant wat nie eintlik oop is vir publiek nie, maar as jy nou per ongeluk daar inval, word jy met ope arms ontvang. Die kos is fantasties, die pryse belaglik laag, die diens die uit die boeke. Oe, en as jy per ongeluk daar inval, vra vir Ruben vir 'n sny van hulle Chocolate Mouse Cake. Nog nooit iets so lekker geëet nie. Ek sal Twee Riviere toe gaan net om by Seunette en Jimmy by Jolly Roger oor te bly en by Die Belfry te gaan eet. Ongelooflik!"