Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11380 reviews.
"Britstown begin soos meeste plattelandse dorpe agteruit gaan. Geboue is besig om vervalle te raak en daar is maar min wat die aandag trek. Tog is die mense vriendelik, en die dorpie betreklik skoon."
"Pragtige, histories dorpie. Jammer daar is so baie verwaarloosde huise."
"Ons wou die natuurreservate besoek, maar almal was toe gewees vir een of ander rede. Al wat ons kon sien was die damwal en dorpie. Daar is nie veel anders om te doen nie, die oord en bote was ook toe gewees."
"Dis nie veel van 'n toeristebestemming nie, maar meer 'n oornag en deurgang vir reisigers."
"Na Covid -andemie het van die gunstelingeetplekke ongelukkig deure gesluit maar Graaff-Reinet bly steeds 'n pragtige toeristebestemming! Ons het heerlike aandete geniet by Mullers House."
"Die dorp het baie agteruit gegaan. Ons het 30 jaar terug daar gebly, maar dis maar die geval met al die plattelandse plekkies."
"Heerlike vroegoggend stap met vriendelike Karoo-mense en die varsgebakte brood het ons die oggend bederf."
"Rietpoort is 18 km uit die dorpie, Britstown bied nie veel nie, maar is halfpad tussen JHB en Langebaan op die N12."
"Tyd het hier stil gaan staan. Pragtige, mooi skoon dorpie. Sal altyd 'n plan maak om daar te gaan kuier as ek die geleentheid kry."
"Ongelukkig baie droog op die oomblik in Fraserburg/Williston-area. Blomme by Nieuwoudtville was iets besonders!"
"Gawe mense, klein plattelandse juweeltjies en ’n ruwe, anderste soort mooi natuur."
"Die Karoo is een van daardie onontginde plekke, wat as jy daar deurry, weet jy dat jy al baie meer hier moes kom kuier het."
"Ongelooflik, een van die min plekke nog waar mens ware stilte en rus kan vind."