Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Probeer gerus die 4 Sheep restaurant en deli. Bespreek ook eerder in 'n ander straat as die hoofstraat, soos bv. Voortrekkerweg indien jul nie hou van baie geraas nie. Voortrekkerweg het lieflike oornagplekkies."
"Die Swartbergpas was ‘n belewenis en ongelooflik mooi. Prins Albert is pragtige en skoon karoodorp met lekker winkels en mooi oorslaapplekke."
"Ons het nie regtig Britstown verken nie, het net oornag en die volgende oggend weer vertrek."
"Dis 'n baie mooi en rustige ou dorpie, perfekte plek om oor te slaap, in die Karoo!"
"De Rust is 'n móét besoek dorpie, waar alles skoon en netjies is. Die vriendelikste, gasvry mense. Oulike restaurant en koffiewinkels. Pragtige natuurskoon."
"Dorpie is oulik, maar vuil. Gemors oral in die strate, hartseer dat so oulike dorpie vervuil word."
"Die dorp het grotendeels verval. The White House behou egter die finesse waarvoor die dorp beroemd geword het. Maar daaromheen sal die gemeenskap moet begin opruim en op datum kom."
"We always stay in Prince albert but this year its so lacking in quaint shops, friendly people etc - only vibe good food and friendly people was at the hotel - Feels like Prince Albert has passed its peak as a stopover."
"Colesberg is 'n mooi dorp, jammer dat al die restaurante (behalwe die Wimpy) en kruidenierwinkels op Kersdag toe is. Toerisme is 'n 365-dag besigheid."
"Die dorp is oor die algemeen baie verwaarloos, maar die ou historiese geboue, veral die NG-Kerk maak hiervoor op."
"Ek sal vir seker daar kan bly, dit is rustig en die natuurskoon is asemrowend."
"Die gemeenskap is vriendelik en baie behulpsaam. Daar moet net op die websites gesit word watter restaurant beskikbaar is. Veral as mens na 6 daar aankom, anders gaan jy honger slaap."
"Found the town charming, but the vagrants and empty liquor bottles at the WW1 and WW2 memorial were disgusting!"
"Die dorp is baie oulik. Die mense van die dorp het ons met vriendelikheid ontvang en gehelp toe ons band vervang moes word."
"Pragtige dorp met lekker eetplekke. Wanneer jy net deurry sien jy nie die mooi nie."
"Interessante dorpie met baie vriendelike mense. Mooiste pophuisies en 'n baie oulike restaurant."
"Ek kan nie dink dat die sterre in Sutherland enigsins mooier is as in Carnarvon nie!"
"Dit was goed om Middelburg om te ry, ons kon so die ergste verkeer omseil."