Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Pragtige plek. Netjies en skoon met vriendelike mense. Lekker by Spur geëet."
"So rustige dorpie in die middel van die lang pad Kaap toe. Sal altyd daar bly van nou af."
"Sal graag meer wil weet van toersime-besienswaardighede daar. Dit was opmerklik hoe skoon die dorp is."
"Ons sal in die toekoms eerder deur die dorp ry en op 'n plaasbestemming gaan slaap. Dit is maar net 'n besige, plattelandse dorp."
"Pragtige ou dorpie met besonderse gawe mense. Die pizzas by Luigi's Restaurant is 'n moet om te beleef - heeltemal anders as die gewone franchise pizzas van Gauteng."
"Die oulikste dorpie wat ek in 'n lang tyd besoek het. Ek sal môre daarheen verhuis as ek die geleentheid kry. Daar is meer as genoeg vir besoekers om te doen. 'n Besoek aan Gay’s Guernsey Dairy en 'n ete by Karoo Kombuis moet op almal se lysie wees."
"Die Camdebo natuurreservaat is uniek en 'n moet vir besoekers. Die ou geboue van Graaff-Reinet is bekoorlik en die restaurante en museums uitstekend."
"Goed om daar te oornag. As jy nie watersport doen nie is jou aktiwiteite beperk."