Geverifieerde Resensie
Kimberley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kimberley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 618 resensies.
"Die munsipaliteit moet let op die slaggate in die paaie en moet regtig aandag daarop gee. Wens ons het meer tyd gehad om die kulturele en geskiedkundige plekke te besoek. Sal weer in die toekoms hier draai."
"Die Groot Gat was 'n belewenis. Ongelukkig is die dorp baie vuil en daar is min om te doen, veral op 'n Sondag."
"Ongelukkig het Kimberley so vervalle geword, dat ek in alle eerlikheid kan sê, dankie tog ek het 'n modified 4x4 . Hulle paaie is in 'n verskriklike swak toestand en die die dorp self is verby vuil. Dit het my werklik diep getref hoe spoedig dit agteruitgegaan het. As 'n toerismebestemming is die antwoord nee, jy gaan skade ly."
"Baie vuil en vervalle gemeet teen die tydperk wat ek daar gewerk het in die 80's."
"Poor local roads with many potholes and no street signs. Old houses interesting and full of character. Surrounding game farms were worth a visit."
"Wel die inwoners het klaarblyklik nie 'n beurtkragrooster nie, anders sou die gastehuise die nodige maatreëls in plek gehad het."
"Lekker gekuier. Hoewel die Groot Gat se tariewe bietjie aan die stywe kant is. Sal weer so maak."
"Middedorp vuil, oral plastiek en rommel. Toegangsfooie by Groot Gat baie duur, al die fasiliteite daar is deur De Beers geborg, so as RSA burger sal ons nie die duur fooie betaal nie."
"Kimberley is een van die oudste stede in Suid-Afrika. Dis 'n jammerte dat die plaaslike munisipaliteit nie goed na alle paaie kyk nie, maar die gasvryheid van die mense maak amper heeltemal op daarvoor. Dus is dit nog heeltemal die moeite werd om die paaie aan te durf."
"Ontsettend onsteld oor die toestand van die paaie, en die toestand van die begrafplaas. Absolute skok."